SA pelse nié by Maart-veiling
Suid-Afrika sal eers sy bek-en-klouseervrye status moet herwin voor Swakara weer ‘n groter aanbod by die tweejaarlikse internasionale pelsveilings kan hê.
Elvira Hattingh - Swakara sal tydens die Kopenhagen-pelsveiling op 20 Maart sowat 4 000 pelse minder aanbied weens die onlangse uitbreking van bek-en-klouseer in Suid-Afrika en die gevolglike opheffing van dié land se bek-en-klouseervrye status.
Die kleiner aanbod op dié internasionale veiling in Denemarke sal ‘n impak hê. Hoe meer pelse, hoe beter die sortiment en hoe groter die lotte, wat die produk meer aanloklik vir kopers maak, het me. Julene Meyer, voorsitter van Namibië se Swakararaad aan Die Boer gesê.
Tog verwag die raad dat sy aanbod by die veiling heeltemal opgekoop sal word en dat pryse stabiel sal wees. “Na verwagting sal goeie gehalte pelse steeds goeie pryse tydens die komende veiling behaal, terwyl swakker gehalte pelse pakslae sal kry,” sê Meyer.
Sowat 33 816 Swakarapelse is vir die komende veiling deur Namibiese produsente aan Agra gelewer. Dit word tans gesorteer en gradeer. Dit sluit die pelse van 35 Suid-Afrikaanse produsente uit wat pelse aan die agent op Upington, KLK Landbou, gelewer het.
Verlede jaar is altesaam 41 500 pelse na dié veiling gestuur.
“Hoewel dit die Swakarabedryf kan raak omdat 'n kleiner aantal pelse beskikbaar is, is dit egter die produsent wat die onderspit delf omdat hulle nie ‘n inkomste ontvang nie.
“Hulle kry elke ses maande ‘n inkomste uit die pelse, want daar is twee internasionale pelsveilings ‘n jaar. Die groot uitdaging is om hierdie produsente finansieël by te staan tyd en wyl hulle weer toegang tot die mark kan kry,” het Meyer gesê.
Volgens haar het KLK Landbou gesê dat hy ‘n voorskot van sowat 50% aan Swakara-produsente sal uitbetaal, wat gegrond is op die gemiddelde waarde van individuele produsente se pelse op die Kopenhagen-veiling in September verlede jaar.
BAL IN SA OWERHEDE SE HANDE
Meyer sê die Swakararaad het reeds lang gesprekke met die Suid-Afrikaanse veeartseny-owerheid oor die kwessie gevoer, maar dat die raad se hande afgekap is en hy niks vir die Suid-Afrikaanse Swakarabedryf kan doen nie.
Sy sê dit hang van die buurland se owerhede af om weer te kan bewys dat hulle vry van bek-en-klouseer is. Hulle weet ook dat dit hul verantwoordelikheid is om hul bek-en-klouseervrye status heringestel te kry, sê sy.
Suid-Afrikaanse media berig dat die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid (OIE) die buurland se status opgeskort het nadat twee gevalle van bek-en-klouseer vroeg vanjaar in Vhembe in die Limpopo-gebied bevestig is.
“Weens die feit dat die kwessie nie in ons hande is nie, kan ons nie ‘n tydsraamwerk gee vir wanneer dit opgelos sal word nie. Dit hang suiwer van die Suid-Afrikaanse veeartseny-owerheid af,” het Meyer geantwoord op die vraag of Suid-Afrikaanse produsente weer in die September-veiling sal kan deelneem.
“Ons het egter reeds van ons kant met die Europese Unie asook die Namibiese veeartseny-owerheid onderhandel dat, wanneer Suid-Afrika weer sy status herwin het, die nodige permitte gereed sal wees en hulle weer toegelaat sal word om uit te voer.
“Eintlik moet hulle vir ons ‘n waarborg kan gee dat die gebied waarbinne die Swakarapelse geproduseer word, vry is van die siekte voor die pelse weer toegelaat sal word om na die Europese Unie uitgevoer te word,” het sy gesê.
Volgens haar vergader die raad weer op 9 April en sal dan kyk of daar nog ‘n manier is om die Suid-Afrikaanse Swakara-produsente finansieël te ondersteun.
“Vir die produsent se onthalwe hoop ons dat die probleem so vining as moontlik opgelos sal word. Die realiteit is dat die wiel by staatsinstansies dikwels baie stadig draai, daarom kan ons geen versekering gee oor wanneer Suid-Afrikaanse produsente weer die mark sal kan betree nie,” sê Meyer.
TOEKOMSPLAN
Sy sê tans is die Suid-Afrikaanse Swakarapelse steeds in die buurland en sal dit eers Namibië toe kan kom nadat die Namibiese pelse Europa toe vertrek het.
“Ons wil die twee besendings apart hou. Sodra die Suid-Afrikaanse pelse hier aanland, sal dit gesorteer en gradeer word en in ‘n verseëlde koelkamer gehou word. As die volgende stel Namibiese pelse inkom, sal dit ook apart gesorteer word."
Eers wanneer Suid-Afrika sy status herwin het, sal die koelkamer, wat die Suid-Afrikaanse pelse bevat, se seël gebreek word en eers dan kan die pelse weer saam met die res in die sortiment-gebied toegelaat word.
Meyer sê die internasionale pelsbedryf staar steeds ‘n oorproduksie van nertspelse in die gesig en dat die mark daarvoor skynbaar steeds nie gestabiliseer het nie.
“By die Hong Kong Fur Fair verlede week het nertsverkope gesukkel en na verwagting sal dit nog ‘n ruk lank sukkel. Die afgelope drie jaar is die produksiekoste van nerts al hoër as die verkoopprys.
“Ons sal dalk na ‘n punt beweeg waar nertsprodusente bankkrot kan speel en ouer boere sal uittree. Tydens die Januarie-pelsveilling het net sowat 30% van die nertsaanbod verkoop.
Meyer sê Swakara se pelsverkope stem meer ooreen met dié van chinchilla. “Dié chinchilla-aanbod het tydens die Januarie-veiling uitverkoop en die prys daarvan was stabiel. Ons verwag dieselfde vir Swakara tydens die komende veiling – ook ‘n 100%-verkoopsyfer en ‘n stabiele prys,” het Meyer gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie