SA pensioengeld ‘weg’ in SME-plundery
Toe druk teen die bankbedrieërs begin opbou, is fiktiewe “beleggings” gemaak om dit te laat lyk of die bank se rekeninge herstel is.
Catherine Sasman – ’n Bedrag van N$60 miljoen, wat aan die Nasionale Voorsorgfonds van die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (Samwu) behoort, is maar net een van die sogenaamde beleggings wat in die SME Bank-plundery verdwyn het.
Die Mail & Guardian het onlangs berig die bedrag van N$60 miljoen is by ’n SME-rekening inbetaal sonder die pensioenfonds se skriftelike toestemming.
Volgens beëdigde verklarings voor die hooggeregshof afgelê, het die voormalige uitvoerende hoof van die SME Bank, die Zimbabwiër mnr. Tawanda Mumvuma, op 12 Oktober 2016 die besturende direkteur van JM Busha Asset Managers aangesê om die N$60 miljoen na die Namibiese bank oor te plaas.
Dié bedrag is die volgende dag na die SME Bank vanuit VBS Mutual Bank-rekening oorgeplaas.
Op dieselfde dag het Mumvuma ’n promesse in JM Busha se guns onderteken, en sodoende aanspreeklikheid vir die N$60 miljoen vir die SME Bank aan JM Busha Asset Managers geskep.
Die Mail & Guardian het berig dat, ten spyte van die SME Bank wat nou gelikwideer word, mnr. Joseph Busha, die beleggingsfonds se uitvoerende hoof, volhou die N$60 miljoen kan weer met rente verhaal word.
Busha het in ’n onderhoud met die SME Bank se likwidateurs, mnre. David Bruni en Ian McLaren, verlede jaar in Oktober aangevoer hy is deur Mumvuma bedrieg.
Die hoofbeampte van die Suid-Afrikaanse pensioenfonds, mnr. Themba Mfeka, het aan die Mail & Guardian gesê deel van die fonds se “belegging” in die SME Bank is deur die Namibiese regering en fondsdirekteurs gewaarborg.
Mfeka het verder beweer daar is regsaksie teen die SME Bank-direkteurs.
’n Anonieme bron het Mfeka se aantygings ontken.
Die bedrogspul
Me. Tania Pearson, die SME Bank se voormalige regsverteenwoordiger wat met die likwidasieproses in die hof moes help, sê in hofstukke die JM Busha-“belegging” en ander was pogings om die plundering weg te steek.
Finansiële rekords en bankstate toon minstens N$247,6 miljoen is tussen Desember 2013 en Januarie 2017 uit die SME Bank se rekeninge by Standard Bank en FNB Namibia aan die vermeende ontvangers van die gesteelde geld betaal.
Baie van hierdie onwettige betalings is as fondse vir rekenaarhardeware of boukostes verdoesel, en toe buitengewoon groot bedrae moeilik geraak het om te verduidelik, het die bedrieërs dit “beleggings” begin noem.
In Junie 2016 het die SME Bank se eksterne ouditeur (BDO Namibia) ’n aantal transaksies bevraagteken en afskrifte van onder meer beleggingsooreenkomste versoek.
Die goewerneur van die Bank of Namibia (BoN), mnr. Iipumbu Shiimi, het ook onraad begin vermoed, maar het geen terugvoering van die SME Bank ontvang nie.
Toenemende druk op die bank het Mumvuma, mnr. Mauwane Kotane van Mamepe Capital (waarin SME Bank glo ’n aantal beleggings gemaak het), en mnr. Andile Ramavhunga, uitvoerende hoof van die South African VBS Mutual Bank, ’n komplot laat bedink om bedrae van elders af te kry om terug in die SME Bank se rekeninge te betaal.
Só is onder meer die Suid-Afrikaanse Munisipale Pensioenfonds vir N$60 miljoen gemelk.
Pearson het gesê Mumvuma, Kotane en Ramavhunga het in November 2016 dokumente opgestel om aan “allerlei” voor te lê dat N$57 miljoen aan die SME Bank uit ’n sogenaamde “belegging” terugbetaal is, wat die SME Bank by VBS Mutual Bank gehad het.
“In werklikheid het hulle verdere aanspreeklikheid vir die SME Bank geskep, naamlik ’n bedrag van N$60 miljoen wat aan JM Busha Asset Managers verskuldig is,” het Pearson gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie