SA petrolprys: Puik nuus in Julie verwag!
Petrol en diesel gaan na verwagting vir die eerste keer in ses maande albei goedkoper word – en met ’n bedrag wat regtig ’n verskil aan motoriste se beursies kan maak.
Hanlie Stadler – Fantastiese nuus lê in Julie vir motoriste voor as iets nie ’n enorme stok in die wiel steek nie.
Petrol en diesel gaan na verwagting vir die eerste keer in ses maande albei goedkoper word – en met ’n bedrag wat regtig ’n verskil aan motoriste se beursies kan maak.
· Die oorverhaling op die petrolprys beloop nou 90c per liter vir 95-oktaan-petrol en 91c vir 93-oktaan.
· Die oorverhaling op die groothandelprys van diesel beloop nou 69c per liter vir diesel met ’n swaelinhoud van 0,05% van 70c per liter vir 0,005%.
· Die oorverhaling op paraffien beloop 62c per liter.
Die oor- of onderverhaling is die verskil tussen brandstofpryse op die ope mark en die vasgestelde, gereguleerde groot- of kleinhandelprys van brandstof vir ’n gegewe maand. ’n Oorverhaling beteken brandstof is eintlik op die oomblik goedkoper as wat Suid-Afrikaners opdok en dié situasie moet in die volgende maand reggestel word.
Die oorverhaling is vir die twee weke tot Donderdag 13 Junie. Dit word daagliks bygewerk en kan dus nog aansienlik verander oor die res van die oorsigmaand, wat tot Donderdag 27 Junie duur.
Pryse vir Julie sal vanaf Woensdag 3 Julie geld.
Die grootste rede vir die huidige oorverhaling is dat internasionale brandstofpryse die afgelope twee weke skerp teenoor die vorige maand gedaal het. Die prys van Brent-ruolie het byvoorbeeld verlede maand baie na aan $73 per vat gedraai en het intussen tot onder $60 per vat teruggesak.
Die rand – wat die afgelope paar weke tot selfs R15,17 teenoor die dollar verswak het – het die oorverhaling met tussen 17c en 18c per liter verminder. Die geldeenheid het egter die afgelope paar dae ietwat versterk en trek nou by R14,86 per dollar.
Suid-Afrikaners kan dalk ’n bykomende bonus kry indien die Sentrale Energiefonds nie meer die Slate-heffing van 13c per liter nodig het wat in Junie ingestel is nie. Dié heffing is ingestel omdat die Slate-fonds (oftewel die staatsoliefonds), waaruit brandstoffirmas vergoed word indien hulle meer as die mark vir brandstof moet betaal,’n negatiewe balans van R1,4 miljard ontwikkel het.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie