SA ‘polisie’ kaap Nam-studente
Ronelle Rademeyer - Twee studente van Windhoek wat aan die Universiteit Pretoria medies studeer, is in die vroeë ure van gisteroggend op pad na Namibië vir vakansie deur twee “polisiemanne” van die pad getrek en van hul voertuig met alles daarin beroof.
Mnr. Danilo von Ludwiger en me. Trusty Kavezuva, beide 19 jaar oud, het net ná vyfuur gisteroggend op pad uit Pretoria stilgehou toe ’n voertuig met ’n blou lig op die dak aangedui het hulle moet aftrek.
Von Ludwiger was in 2018 Windhoek Gimnasium se hoofseun.
Kavezuva was die jaar daarvoor ’n graad 12-leerling aan dié skool. Sy en Von Ludwiger het albei op sport-, akademiese en leierskapsgebied uitgeblink.
Hulle het vanjaar as eerstejaar- mediese studente deurgaans sulke goeie punte behaal dat hulle gepromoveer is, wat beteken hulle hoef nie die eindeksamen te skryf nie.
“Dit is hoekom hulle so vroeg al vir die Desembervakansie kon huis toe kom. Ander studente skryf nou nog eksamen,” het me. Birgit von Ludwiger, Danilo se ma, gister vertel.
Hy het uit Pretoria waar hy tans by sy broer, Andriko, tuis is, aan Republikein vertel twee mans met koeëlvaste onderbaadjies en swart stewels het na hulle aangestap gekom.
“Hoewel hulle soos polisiemanne aangetrek was, was daar nie kentekens op hul uniforms nie.”
Von Ludwiger sê hulle was beleef en het rustig gepraat.
“Hulle het gesê ons moet uitklim, waarná hulle ons deursoek het. Daar was ’n oomblik van stilte en die volgende oomblik het die man my van hom af weggestamp, sy pistool op my gerig en dit gespan.”
Hy vertel die man het beveel hulle moet teen die skuinste langs die brug afbeweeg waarop hulle stilgehou het.
“Toe ons onder kom, was hy kortaf en aggressief. Hy het gesê ek moet my skoene uittrek, waarná hy my veters uitgeryg en my hande vasgebind het. Hy het ons beveel om ons oë toe te maak.”
Von Ludwiger gesê die man wat bo-op die brug agterbly het, het vir hom geskree en gevra of daar ’n opsporingstelsel in sy voertuig is, waarop hy “nee” geantwoord het.
Volgens hom het die man wat by hulle was, hulle toe aangesê om weg te hardloop en nie terug te kyk nie.
Die mans is daarná met hul voertuig, asook Von Ludwiger se blou Ford Fiesta vort.
“Omdat hulle hul koshuiskamers vir die vakansie moes ontruim, was al hierdie besittings in die voertuig,” het sy ma gister vertel.
“Hul paspoorte, ID’s, rybewyse en goed soos sy hardeskyf en van sy hokkietoerusting was saam met hul ander bagasie in die voertuig,” sê sy.
As yshokkiespeler is Von Ludwiger twee weke gelede vir Suid-Afrika se nasionale o.20-manspan gekies, wat van 13 tot 19 Januarie 2020 in Bulgarye aan die wêreldkampioenskap gaan deelneem.
Sy ma vertel verder ‘n voertuig van ‘n sekuriteitsmaatskappy het kort daarná by die twee studente stilgehou en hulle na ’n polisiekantoor in Akasia geneem.
“Die polisiebeampte wat ons gehelp het, het vir my gesê ’n mens mag volgens wet jou noodflikkerligte aansit en na die naaste polisiekantoor ry as iemand jou in die nag op ’n snelweg probeer aftrek – tensy dit ’n duidelik gemerkte padblokkade is,” vertel Von Ludwiger.
’n Familielid van Kavezuva wat verbonde is aan die Namibiese hoëkommissariaat in Pretoria het hulle gister gehelp om noodreisdokumente te kry.
Die twee studente keer vandag of môre per vliegtuig na Namibië terug.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie