SA regering gevra om Massmart-bloedbad te keer
Die kleinhandelaar het Maandag aangekondig hy gaan 34 winkels sluit.
Nellie Brand-Jonker – Die spook van die fel teenkanting wat die internasionale Walmart-groep in 2011 gekry het met sy koms na Suid-Afrika, kan weer begin loop.
Die regering is gevra om in te gryp om die beoogde slagting van amper 1 500 poste by Massmart te keer.
Die kleinhandelaar, wat deur die internasionale winkelgroep Walmart beheer word en onlangs ’n nuwe baas van dié groep gekry het, het Maandag aangekondig hy gaan 34 winkels sluit. Dit gaan tot die verlies van dié poste lei.
Massmart besit ook Game, Makro en Builders Warehouse.
Mandla Rayi, voorsitter van die nasionale raad van provinsies se komitee oor handel en nywerheid, ekonomiese ontwikkeling, kleinsake, toerisme, werkskepping en arbeid, vra in ’n verklaring dat daar dringend ingegryp word om die dreigende afleggings by Massmart te keer.
Rayi vra ingryping van die departemente van handel en nywerheid en van arbeid en werkskepping.
“Dit is nie ideaal dat die regering in die sakewêreld inmeng nie, maar die erns van die dreigende afleggings noodsaak dat daar saam gedink moet word hieroor. Om meer as 1 000 poste te verloor, is katastrofies, nie net vir werkskepping nie, maar ook vir die gesinne van diegene wat geraak word.”
Hy glo die beoogde afleggings moet uitgestel word totdat ’n vergadering met dié staatsdepartemente gehou kan word en “alle moontlikhede ondersoek is om die werkverliese te keer”.
Massmart het reeds personeel en die betrokke vakbond begin konsulteer.
Al 23 DionWired-winkels in die land gaan dalk in die slag bly. Verdere winkels wat gesluit gaan word, is van Jumbo, Rhino Cash & Carry en Cambridge Food.
Rayi meen dit is nie ideaal om 2020 te begin deur werkers af te lê wat geen alternatiewe bron van inkomste het nie.
Die herstrukturering is die eerste groot aankondiging sedert Mitchell Slape op 2 September as uitvoerende hoof van Massmart oorgeneem het. Slape is ’n Amerikaner wat van Walmart gekom het om Massmart reg te ruk.
Mark hou van planne
Dit wil voorkom asof die nuus beleggers positief stem.
Massmart se aandeelprys het Maandag met byna 6% gestyg en Dinsdag met byna nog 9%.
Verlede jaar was dit die aandeel in die JSE se indeks van kleinhandelaandele wat die swakste gevaar het, volgens Bloomberg. Die prys het toe met 48% gedaal.
Die daling het gevolg op die handelsverlies wat Massmart in die halfjaar tot einde Junie 2019 gely het nadat sy uitgawes vinniger as sy verkope gestyg het. Hy het ook nie ’n tussentydse dividend verklaar nie.
Massmart, wat sowat 46 000 mense in diens het, het aan die begin van 2018 ook deur ’n herstrukturerings- en art. 189-proses gegaan toe Game se hoofkantoor van Durban na Johannesburg geskuif is.
Walmart se Massmart-bande
Walmart het in 2010 aangekondig hy wil die hele Massmart koop. Uiteindelik is daar besluit om 51% te koop teen R17 miljard.
Dié transaksie is destyds deur grootskaalse teenkanting van vakbonde en later ook van drie staatsdepartemente gekenmerk.
Die belangrikste argumente teen die transaksie het gewentel om die invloed op werkverliese en die invoer van goedkoper produkte van onder meer China af.
Veral die vakverbond Cosatu was erg gekant teen die oorname en het met landwye stakings en protesoptogte gedreig indien streng voorwaardes nie ingestel word nie.
Verskeie gesaghebbende internasionale publikasies het oor die mededingingsverhoor berig en verskeie waarnemers het gesê Walmart het nog nêrens anders soveel teenkanting ontvang as in Suid-Afrika nie.
Aanvanklik het die partye onderneem dat daar binne twee jaar geen afleggings sal wees wat met die transaksie verband hou nie. Die vakbonde het dit verwerp as ontoereikend.
’n Opleidingsfonds is voorgestel waarin R100 miljoen gestort sou word om plaaslike verskaffers op te lei. Die vakbonde wou hê dit moet R500 miljoen wees, het Beeld destyds berig.
Nadat die Mededingingstribunaal in 2011 die groen lig vir die transaksie gegee het, met voorwaardes, het Saccawu en die departemente van ekonomiese ontwikkeling; van handel en nywerheid; en van landbou, bosbou en visserye appèl aangeteken teen die besluit.
Die aansoek is uiteindelik maande later in 2012 deur die Mededingingsappèlhof van die hand gewys.
Massmart se verkope het van die verkryging af in 2011 tot einde Desember 2014 met dubbelsyfers gegroei.
Sedertdien het die groei verlangsaam en in die 2017-boekjaar was dit 2,7%. In 2018 het die wins skerp gedaal en in die halfjaar tot einde Junie 2019 is ’n verlies gely.
Slape het in Desember gesê hy en die bestuurspan werk aan ’n regrukplan wat insluit om Game se aanbieding nuwe lewe te gee.
Sy fokus gaan in groot mate op kostebeheer wees. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie