'SA rugby sal baat by private eienaarskap'
Rugby
Stephen Nell - Die Blou Bulle Maatskappy (BBM) se omarming van ’n belegging uit die private sektor is ’n model waarby Suid-Afrika se franchise-rugbyspanne baie baat sal vind.
Dís die mening van die voormalige Stormers-afrigter Robbie Fleck, wat glo dat Suid-Afrikaanse rugby se heil kan afhang van private eienaarskap van unies se sakevleuels.
“Daar móét belegging uit die sakesektor in die franchises wees om hulle te help oorleef deur strukture te skep waar ons ons bates beskerm,” het Fleck gesê.
Twee van Suid-Afrika se voorste sakelui, Johann Rupert en Patrice Motsepe, se kundigheid is deur die beleggings van 37% elk deur onderskeidelik Remgro en African Rainbow Capital aan die BBM beskikbaar.
Terwyl die sakevleuel van die WPRU gebuk gaan onder groot finansiële probleme, kan die geleentheid daar wees om ’n belegger te kry as daar ’n herkapitalisering is deur Investec se betaling aan die Kaapse unie vir die verwagte eiendomsontwikkeling van Nuweland.
“Die WP het besonder goeie borge in DHL en Brightrock. Daar is borge daarbuite met geld en hulle wag net vir die regte tyd. Ek dink daardie tyd het aangebreek,” sê Fleck.
In die WP is die unie ’n aandeelhouer van 100% in die sakevleuel en dis welbekend dat dié twee entiteite dikwels koppe stamp. Remgro se aandeelhouding in die WPRU het in 2016 met die likwidasie van die sakevleuel gesneuwel en in 2017 wou dié sakereus ook nie die meer as R40 miljoen wat hy toe aan die WPRU geleen het in ’n aandeelhouding omskep nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie