SA sakelui net so mismoedig soos in vorige resessie
Elvira Wood - Sewe uit tien Suid-Afrikaanse sakelui is negatief oor die land se ekonomie.
Dit is volgens Rand Merchant Bank (RMB) en die Buro vir Ekonomiese Ondersoek (BEO) se sakevertrouensindeks, wat in die tweede kwartaal met 11 punte tot 29 geval het.
“Ons het laas dié vlak van mismoedigheid in die resessie van 2009 gesien,” het RMB Woensdag in ’n verklaring gesê.
Al vyf van die sektore wat in die indeks ingesluit word – vervaardiging, klein-, groot- en motorhandel, asook die bousektor – het indekspunte van laer as 50. ’n Punt onder 50 dui op ’n gebrek aan vertroue.
RMB sê dit is uiters ongewoon dat daar gelyktydig in al vyf sektore so min vertroue is. Dit het volgens RMB se data nog net 12 keer die afgelope 42 jaar gebeur.
“Die skerp agteruitgang in sentiment weerspieël meer as net die impak van politieke onsekerheid. Hoewel die kabinetskommeling en die afgradering van Suid-Afrika se soewereinekredietstatus ongetwyfeld ’n rol gespeel het, het vertroue ook skade gely weens die voortdurende lae vlakke van sakebedrywighede,” sê RMB.
Die grootste daling was by motorhandel, wat met 19 punte tot net 11 punte getuimel het. Nege uit tien respondente was negatief oor die vooruitsigte vir dié sektor.
Vervaardiging het met 12 punte tot 16 geval, veral weens ’n drastiese afname in plaaslike verkope.
RMB sê die Suid-Afrikaanse Reserwebank se data wys dat die afwaartse sakesiklus al 43 maande duur. Dit is die tweede langste daalsiklus in Suid-Afrika se geskiedenis. Die langste daalsiklus was van 1989 tot 1993. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie