SA se 1ste digitale bank
Die medestigter en voorsitter van TymeBank het Dinsdag gesê alles van dié bank is op toeganklikheid gemik.
William Horne – TymeBank het Dinsdag amptelik sy digitale deure geopen en toe die toesprake klaar was, het die bank reeds sowat 82 000 kliënte gehad.
Dr. Johan van Zyl, mede-uitvoerende hoof van Patrice Motsepe se African Global Capital, wat TymeBank besit, het op die bekendstelling in hul kantore in Rosebank, Johannesburg, gesê die bank se mededingendste voordeel is sy lae koste.
Die bank spog inderdaad met die land se goedkoopste transaksionele finansiële dienste.
“In die meeste lande genereer die transaksionele deel van die bankdienste feitlik 0% van banke se inkomste. Maar in Suid-Afrika is dit nie so nie.
“As ons nie nou die stap doen om transaksionele bankkoste drasties te verlaag nie, sal die helfte van die land steeds van bankdienste uitgesluit word.”
TymeBank vra nie maandelikse tariewe om ’n bankrekening te hê of oop te maak in een van sy 500 outomatiese kiosks wat reeds in Pick n Pay- en Boxer-winkels is nie.
Hy vra wel geld vir:
* Debietorders – R2
* Kontantonttrekkings – R2 by winkeltellers anders as Pick n Pay en Boxer, en R8 per R1 000 by enige kitsbank.
* Kontant-deposito’s – R4 by Pick n Pay- en Boxer-winkels.
* Elektroniese oorplasings – R2 per betaling aan ander banke.
Ander gratis dienste:
* Kaartgebruik
* SMS-kennisgewings
* Saldo-navrae
* Gesertifiseerde e-state
* Kontant-onttrekkings by Pick n Pay en Boxer
* Elektroniese oorplasings na TymeBank-rekeninge
Coen Jonker, medestigter en voorsitter van TymeBank, het Dinsdag gesê alles van TymeBank is op toeganklikheid gemik.
“Bankdienste in dié land is nog hoofsaaklik op bevoorregtes ingestel. Ons gaan dit verander.”
Jonker sê dit moet op drie vlakke toeganklik wees: fisiek, finansieel en emosioneel.
Fisiek is TymeBank reeds meer toeganklik in sy eerste week as sy mededingers, meen Jonker. En dit is aan sy vennootskap met Pick n Pay en Boxer te danke.
“Ons het effektief elke betaalpunt in dié winkels landwyd in ’n teller omskep,” sê Jonker. Dit kom neer op meer as 14 300 betaalpunte wat gebruikers vir onttrekkings én deposito’s kan inspan.
Wat emosionele toeganklikheid betref, sê Jonker, is die eenvoudige prysmodel, dienste wat ten volle digitaal is en die beskikbaarheid aan almal ’n groot struikelblok in die bedryf wat oorkom is.
En as jy nie self regkom met die slimfoon-app of aanlyn bankdienste nie, is daar landwyd reeds 500 kiosks wat as “bankier” dien. Hier kan kliënte rekeninge open en ’n verpersoonlikte Visa-debietkaart in minder as vyf minute kry. Jy het nie enige dokumente nodig nie omdat ’n foto van jou gesig en vingerafdrukke vir die Fica-proses gebruik word.
Cheslyn Jacobs, TymeBank se hoof van verkope, sê die vennootskap met kleinhandelaars is een van die bank se grootste suksesse.
“Terwyl dit ander banke jare of dekades geneem het om tak-netwerke en infrastruktuur op te bou, het dit vir ons basies oornag gebeur omdat ons vennote klaar ’n netwerk van winkels gehad het wat ons kon inspan.”
Tauriq Keraan, adjunkhoof, sê hulle kan ’n volskaalse bank met slegs 125 mense bedryf danksy hul digitale grondslag en kleinhandelsvennootskappe. “Dit is baanbrekerswerk,” sê Keraan.
Ander voordele:
TymeBank-debietkaarte word outomaties gekoppel aan jou bestaande of ’n nuwe SmartShopper-rekening wat vir jou dubbelpunte (dus een punt vir elke R1) by Pick n Pay kan verdien. Met die debietkaart kan jy egter ook SmartShopper-punte buite Pick n Pay verdien: Vir elke R3 wat jy op enige plek met die kaart bestee, verdien jy nog ’n punt.
TymeBank se spaarrekeninge is van die mededingendste in die land met ’n rentekoers, sonder beperkings, van tot 10%. Verbruikers kry 6%-rente vir die eerste 30 dae van spaar, 7% tot en met 90 dae, en 9% vir spaargeld wat meer as 90 dae in jou spaarrekening is. As jy TymeBank tien dae kennis gee wanneer jy die geld wil onttrek, kry jy ’n bykomende 1%-rente.
Daar sal teen Maart TymeBank-kiosks in elke Pick n Pay in die land wees waar jy jou eie rekening gratis kan oopmaak. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie