'SA se gevry na China 'n verleentheid'
Volges 'n dosent by 'n sakeskool hou dié wêreldmoondheid gevare vir vervaardigers in die buurland in.
Roelof Botha
Die ophef wat die departement van handel en nywerheid (DHN) oor die pas aangekondigde handelsooreenkoms met China gemaak het, is kommerwekkend.
Hoewel in beginsel geen fout gevind kan word met handelsbetrekkinge tussen Suid-Afrika en ander invloedryke ekonomieë nie, is die DHN skynbaar onbewus van die gevare wat China vir plaaslike vervaardigers inhou.
Xi Jinping, president van China, maak geen geheim daarvan dat China ambisieuse planne het om sy wêreldwye invloed verder uit te brei.
Gesaghebbende politieke kenners weet dat China altyd in sy eie belang optree, hetsy op kort of lang termyn.
Wat handel met Suid-Afrika betref, is een van die duidelikste bewyse hiervan in die samestelling van in- en uitvoerhandel tussen die twee lande. China koop bykans uitsluitlik steenkool, ystererts en ander mynbouprodukte aan en stel nie belang in handel wat die waardekettings in Suid-Afrika se ekonomie kan uitbrei nie.
Verlede jaar het die uitvoer van vervaardigde goedere met 'n hoë toegevoegde waarde van Suid-Afrika na China (buiten landbou en voedsel) slegs 7% van die totale uitvoer na China beloop.
In skrille teenstelling het dié invoergroepe meer as 90% van totale invoer van China verteenwoordig – duidelik 'n bedreiging vir plaaslike vervaardigers wat sukkel om kop bo water te hou.
Die skade wat goedkoop Chinese invoer van bykans elke denkbare gebruiksartikel reeds aan Suid-Afrika se vervaardigingsektor berokken het, word deur talryke gevallestudies en data bevestig.
Een stukkie statistiek is dat die uitset van die plaaslike vervaardigingswese die afgelope vyf jaar in reële terme met minder as 2% toegeneem het, terwyl invoer van vervaardigde produkte met 'n hoë toegevoegde waarde met meer as 30% toegeneem het.
Indien metale en minerale uitgesluit word, het Suid-Afrika se handelstekort met China verlede jaar 'n allemintige R167 miljard beloop. Dit is 34% meer as die gesamentlike handelstekorte met die VSA, Indië, Frankryk, Italië, Japan, Suid-Korea en Brittanje.
Die DHN is skynbaar onbewus van die redes waarom die VSA besluit het om 'n rits tariewe op Chinese invoer in te stel, wat oral bekend geraak het as 'n handelsoorlog, omdat China met sy eie verhoogde of nuwe tariewe gereageer het.
Robert Lighthizer, Amerikaanse handelsverteenwoordiger (dié land se weergawe van minister van handel en nywerheid), het saam met 'n span deskundiges die omvang van China se diefstal van intellektuele eiendom en gedwonge tegnologie-oordragte bereken.
Dié bedrag het op 'n geraamde US$50 miljard neergekom, wat as konserwatief beskou kan word, aangesien dit nie die volledige impak in ag neem van verliese wat uit daaropvolgende Chinese uitvoer voortspruit nie.
Daar bestaan reeds gevallestudies van Chinese maatskappye wat die skending van kopie- en handelsmerkreg in suksesvolle kopiëring van produkte omgeskakel het. In een bekende geval, dié van die Segway-tweewiel-ryplank, het die Chinese maatskappy in so 'n mate uitgebrei dat die Amerikaanse maatskappy aangekoop is om 'n regsgeding te vermy.
Amerika probeer die speelveld gelyk maak; daar is geen twyfel oor die staatsondersteuning wat in China vir dié skending van internasionale patent- en kopieregte bestaan nie. Daar is in China sulke omvattende sensuur op inligting dat dit 'n onbegonne taak is om die regering se ondersteuning en selfs subsidiëring van handelsmisdaad te bewys.
Oor die gehalte van hul produkte dié voorbeeld: Transnet het in 2014 'n tender vir die aankoop van 591 lokomotiewe aan China toegeken. Probleme is egter van meet af ondervind met die elektroniese masjiene wat die wisselstroom van dié voertuie beheer.
Hierin lê 'n kommerwekkende aspek van die Suid-Afrikaanse regering se oënskynlike voorkeur vir sterker handelsbetrekkinge met China ten koste van Amerika, Japan en Europa. Ons skaar ons by die spreekwoordelike skurk in die verhaal.
China se geskiedenis op die gebied van menseregte is pateties. Die nuutste onderdrukking van individuele vryheid in China is die sogenaamde maatskaplike telkaart van gedragspatrone.
Met die hulp van gesofistikeerde nuwe tegnologie, wat gesigsherkenning, liggaamskandering en geografiese opsporing insluit, word punte toegeken of afgetrek vir “goeie gedrag” of “slegte gedrag”. Kritiek teen die eenparty-regering word gestraf.
China en Suid-Afrika is op teenoorgestelde pole oor die grondwetlike verskansing van menseregte. Die gevry na 'n land wat onetiese handelspraktyke ondersteun en selfs aanmoedig is 'n verleentheid vir baie Suid-Afrikaners.
• Dr. Roelof Botha is 'n deeltydse dosent by die Gibs-sakeskool.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie