SA se Golden Gate-brug op ys weens geweld
Werk aan die brug in die buurland staan stil weens aanvalle op die bouperseel.
Hanlie Stadler – Aveng het die skokkende besluit geneem om hom te onttrek aan die kontrak om die hoogste brug in Afrika te bou.
Aveng en sy vennoot, die Oostenrykse firma Strabag International, sou R1,6 miljard verdien deur die Mtentu-brug aan die Wildekus vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) te bou.
Werk aan die brug staan egter nou reeds langer as drie maande stil weens aanvalle op die bouperseel deur groepe uit die gemeenskap wat aandring op werk aan die projek. Hoewel plaaslike mense wel in diens geneem is, was die gemeenskap steeds nie tevrede nie.
Die Mtentu-brug van 1132 m lank is deel van die N2-Wildekuspadprojek. Dis Suid-Afrika se Golden Gate-brug gedoop danksy ooreenkomste met die brug in San Francisco.
In ’n Sens-verklaring sê Aveng geen werk kon sedert 22 Oktober gedoen word nie “weens dreigemente van geweld en vlakke van gemeenskapsonrus en protesoptrede” teen Sanral.
Sanral is volgens Aveng van mening dat werk nou veilig kan voortgaan, maar Aveng verskil “en verwante gebeure ondersteun nie Sanral se siening nie”.
“Die vermoë om werk veilig en in ooreenstemming met internasionale praktyk te kan doen, is ons primêre oorweging.”
Aveng en Strabag het hulle Sanral op 30 Januarie ná regsadvies ingelig dat hulle hulle aan die kontrak onttrek. Dit word op 6 Februarie van krag.
Sanral het vantevore gesê werkers is selfs met aanvalsgewere gedreig.
Sanral het nog nie op navrae gereageer nie en Aveng het Netwerk24 na Strabag verwys.
Diana Neumüller-Klein, Strabag se hoof van kommunikasie en beleggersverhoudinge, het in reaksie per e-pos gesê die tender was vir sowel Aveng as Strabag belangrik en die vennootskap verstaan hoe belangrik die projek is, “sowel wat betref infrastruktuurontwikkeling as opheffing van die gemeenskap”.
Sy sê die “aard van die dreigemente, onrus en betogings was ongeëwenaard”.
“Die konstruksie van die Mtentu-brug is tegnies veeleisend en vereis voldoening aan die strengste internasionale standaarde vir ingenieurswese en veiligheid, met geen speling vir die ontwrigting, van die aard wat ervaar is nie.
“Met soveel op die spel, is die vermoë om die werk veilig en in ooreenstemming met die beste internasionale praktyk te doen, tereg die primêre bekommernis. Dis ’n kernwaarde vir sowel Aveng as Strabag.”
Neumüller-Klein sê dis nie net die veiligheid van werknemers wat op die spel is nie, maar ook dié van lede van die gemeenskap.

Louw Kannemeyer van Sanral het in November gesê: “Daar is net soveel werkgeleenthede per kontrak, wat ongelukkig beteken dat nie elke werklose mens gehelp kan word nie. Sanral kan nie boewery en aggressie goedkeur as ’n manier om op werk aan te dring nie.”
Op so ’n groot projek kan ontwrigtings honderdduisende rande per dag kos.
Sanral en konstruksiemaatskappye is al voorheen geraak deur boewe by ander bouprojekte wat bedrywighede tot stilstand dwing in ’n poging om deel van die kontrakwaarde te kry.
Die konstruksiegroep WBHO en die suikergroep Tongaat Hulett se eiendomsprojekte in KwaZulu-Natal het verlede jaar deurgeloop onder sogenaamde sakeforums wat met geweld projekte stopsit en dan eis dat hulle betaal word voordat die werk kan hervat.
Selfs pres. Cyril Ramaphosa het al uitgevaar teen die sogenaamde konstruksiemafia. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie