SA se gradering 'stabiel vir res van 2017'
Die kredietgradeerder Moody's sal waarskynlik nie Suid-Afrika se skuldgradering Vrydag verder verlaag nie, en hy sal sy vooruitsig op negatief hou.
Moody's is die enigste internasionale kredietgradeerder wat Suid-Afrika se skuld in rand en in buitelandse geldeenhede nog op beleggingsgraad het.
Reezwana Sumad, lid van Nedbank Korporatiewe en Beleggingsbank se afdeling vir strategiese navorsing, meen die negatiewe vooruitsig sal behou word weens die hoë politieke risiko, die gebrek aan strukturele hervorming, die fokusverskuiwing na “radikale ekonomiese transformasie”, die beoogde kernkragprogram, stygende skuldvlakke, swak ekonomiese groei, swak sakevertroue en min beleggings deur die private sektor.
As daar geen verbetering in bogenoemde is nie, verwag Nedbank dat Moody's die land se skuldgradering in rand en buitelandse geldeenhede in die eerste kwartaal van 2018 verder sal verlaag, tot nie-beleggingsgraad
of rommelstatus.
Indien dit gebeur, meen Nedbank dat Standard & Poor's (S&P) ook die land se kredietgradering verder sal verlaag. Dit sal daartoe lei dat Suid-Afrika teen die middel van 2018 uit die Citi-wêreldindeks vir staatseffekte val.
S&P het soos Moody's steeds Suid-Afrika se randgedenomineerde skuld een stappie bo rommelstatus.
Nedbank sê baie hang af van die mediumtermynbegrotingsraamwerk in Oktober, wat groter duidelikheid sal gee oor die regering se fiskale pad. As wegbeweeg word van die huidige koers, kan dit reeds in November vanjaar of in Junie 2018 tot 'n verdere afgradering lei. Nedbank meen dit sal wyser wees om te wag tot die nasionale begroting in Februarie voordat 'n besluit geneem word.
Die bank verwag dat S&P en Fitch Ratings hul gradering vir die res van die jaar op huidige vlakke sal behou.
Fitch kan wel sy stabiele vooruitsig na negatief verander as die mediumtermynbegrotingsraamwerk op slapper fiskale beleid dui.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie