SA se kommersiu00eble eiendom onder druk
SA se kommersiu00eble eiendom onder druk

SA se kommersiële eiendom onder druk

Elma Kloppers



Die “Ramaforie” wat geheers het sedert pres. Cyril Ramaphosa die ANC-leier en die staatshoof geword het, was van korte duur.

Die rand het sedertdien weer begin verswak en al die subsegmente in die kommersiële eiendomsektor bly onder druk, blyk uit die nuutste markverslag van JLL vir die eerste kwartaal van vanjaar. Die groep meen egter ontwikkelingsvertroue bly sterk en daar is plek-plek soliede beleggingsgeleenthede.

Aan die kleinhandeleiendomsfront neem die druk op die verskillende soorte winkelsentrums in die land toe, namate die groei in handelsdigtheid (omset per m2) toenemend afplat.

Dié groei het in die eerste kwartaal tot gemiddeld -2,3% op 'n jaargrondslag verlangsaam, 'n verdere afname van die vorige kwartaal se -1% op 'n jaargrondslag.

Die vertoning van verskillende winkelsentrums wissel noemenswaardig, grootliks weens die verskille in groei-aandrywers, wat 'n rol speel in hul sensitiwiteit vir ekonomiese groei en verbruikersbesteding.

Hoewel die groei in handelsdigtheid vir alle soorte winkelsentrums tot onder nul gedaal het, vaar die kleiner winkelsentrums beter as die grotes.

Superstreeksentrums se handelsdigtheid was in die eerste kwartaal -4,8%, terwyl dié van klein streeksentrums en woonbuurtsentrums onderskeidelik -1,9% en -0,6% was.

JLL skryf die swakker vertoning van die superstreeksentrums toe aan 'n styging in leegstaansyfers, grootliks weens winkels wat hul deure sluit en ander kleinhandelaars wat afskaal.

Die gemiddelde leegstaansyfer was 4,2% in die vierde kwartaal van verlede jaar, vergeleke met 4% in die derde kwartaal.

Johannesburg se kantooreiendomsektor het in die eerste kwartaal sy hoogste leegstaansyfer sedert 2010 van 12,9% bereik.

Die middestad en omgewing was die grootste bydraer tot die oorhoofse leegstaansyfer.

Ondanks die hoë leegstaansyfer bly Johannesburg die ligging van keuse vir tientalle korporatiewe ondernemings en is daar voortgesette ­belangstelling van ontwikkelaars.

Die meeste van die nuwe kantoorontwikkelings vind in Sandton, Rose­bank en die Waterfall-gebied plaas.

Dit blyk dat daar 'n nuwe fokus is van ontwikkelaars sowel as okkuppeerders op hoëgehalte-kantoor­akkommodasie.

Die hoë leegstaansyfers is besig om die groei in markhuur van alle grade van kantooreiendom te laat afplat. Die gemiddelde huurgeld vir primagraad-eiendom het in die eerste kwartaal tot groei van 2,4% verlangsaam, teenoor 7,4% in die eerste kwartaal van verlede jaar.

JLL voorsien dat die voortgesette toename in die kantoorvoorraad in Johannesburg, leegstaansyfers nog verder kan opstoot. Namate nuwe kantooreiendom van goeie gehalte na die mark toe kom, sal eiendomseienaars innoverend te werk moet gaan om alternatiewe gebruike vir hul ouer kantooreiendomme te kry. –Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!