SA se mielieoes sal mae vol hou
Dagga kan waarde vir landbou ontsluit
Dr. Kobus Laubscher - By geleentheid is die 2019-’20-graanoes al as ‘n wonderwerk op die lande beskryf.
Die uitvoerende hoof van Graan SA, Jannie de Villiers, het dankbaar bevestig indien landboutoestande die volgende paar weke normaal verloop, sal Suid-Afrika se mielieoes voldoende wees.
Voldoende beteken dat daar aan interstreek-handelsbehoeftes voldoen sal kan word en mense nie honger sal ly nie sover dit van die graanprodusente afhang.
Die Suid-Afrikaanse Weerburo se voorspellings van die normale uitloop van herfs met nog heelwat warm dae, beteken nodige grasie teen moontlike rypskade op die laat aanplantings. Daar is ook hier en daar berigte van die “mooiste sonneblomme” in jare. Dankbaarheid is dus die gemene deler, veral in die lig van die feit dat daar ten minste nie op leë mae op 8 Mei stembus toe gegaan hoef te word nie.
Die Suid-Afrikaanse somergraanoes-jaar strek van 1 Mei jaarliks tot einde April die volgende jaar. Ons is tans nog in die finale maand van die 2018-’19- oesjaar en die nuutste inligting van die Nasionale Bemarkingsraad is dat Suid-Afrika voldoende somergraan beskikbaar het.
Ondanks die verwagte uitvoere van 68 000 ton verwerkte en 540 000 ton onverwerkte witmielies sal daar aan die einde van April 2019 sowat 105 dae se wit mielies oorgedra kan word na die volgende seisoen. In die geval van geel mielies is die oordragvoorraad net meer as 1,2 miljoen ton, of 107 dae se voorraad.
Daar was nie beduidende verskuiwings tussen provinsies wat hektare onder produksie betref nie, en die Vrystaat is steeds die leidende produsent, met Mpumalanga en Noordwes tweede.
Laasgenoemde provinsies het onderskeidelik minder as 50% van die Vrystaat se hektare onder mielies. Die opbrengs per hektaar in Mpumalanga sal wel in die nuwe seisoen met 8% daal teenoor die bykans 20%-daling in opbrengs per hektaar in die Vrystaat. Totale produksie in die Vrystaat sal na verwagting met byna 22% daal.
Desnieteenstaande dié veranderings, kan hoër plaashekpryse die inkomstebasis positief beïnvloed. Dit is noodsaaklik gegewe die verwagte stygings in insetkostes, veral in energiekostes. Netto inkomste en skulddiensvermoë sal nog onder druk bly.
Teen hierdie agtergrond en met ‘n matige positiewe aanpassing in terme van die 2019-’20-witmielieoes deur die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK), is daar ten minste een bekommernis minder vir die bedryf. Daar behoort voldoende wit- en geelmielies te wees om die verwagte uitvoere van 220 000 ton verwerkte en 850 000 ton onverwerkte mielies, en die binnelandse verbruik van 10,86 miljoen ton te ontmoet.
Dit behoort oordragvoorrade van 50 dae teen einde April 2020 moontlik te maak.
Sonneblomproduksie word vir die nuwe seisoen geraam op net meer as 780 000 ton, wat genoeg sal wees vir die geraamde verbruik (binnelandse en uitvoere) van bykans 736 000 ton.
Soja se verwagte aanbod in die 2019-’20-oesjaar van 1 764 702 ton sal die totale vraag van net meer as 1,4 miljoen ton ontmoet, met verwagte oordragvoorraad vir 74 dae.
Die Landboubesigheidskamer wys egter daarop dat daar nog baie onbenutte hoë potensiaal landbougrond is wat sub-optimaal gebruik word. Hierin lê groot potensiaal in terme van die bydrae tot versnelde ekonomiese groei indien produksie verhoog kan word.
Die provinsies wat daarvoor geoormerk word – Limpopo, Oos-Kaap en KwaZulu-Natal, kan tussen 1,6 en 1,8 miljoen ha se produksiekapasiteit byvoeg. Dit is veral tuinbouproduksie wat ‘n hupstoot kan kry, sou hierdie grond meer produktief benut word.
Sonder om die verbruik daarvan te propageer, wys die Landboubesigheidskamer op die potensiaal om dagga kommersieel te kan produseer, maar met klem op die industriële waarde daarvan.
Die uitvoermark vir sulke produkte is die VSA, Kanada en China. In Kalifornië beloop die waarde van die daggabedryf meer as US$3 miljard in 2017, terwyl die state Florida en Colorado onderskeidelik meer as US$1 miljard. Kanada het in dieselfde jaar meer as US$5 miljard bestee op medisyne en niemedisinale produkte met die daggaplant as basis.
China produseer meer as die helfte van die wêreld se wettig geproduseerde hemp (‘n byproduk van dagga) en die waarde van tekstiel wat hieruit vervaardig word, beloop meer as US$2,1 miljard.
Teen hierdie agtergrond word dus voorbrand gemaak vir verskerpte navorsing en ontwikkeling om die produksiepotensiaal van dié provinsies deur middel van industriële daggaproduksie te probeer ontsluit.
Dit sal ongetwyfeld bydra tot die verlangde werkskepping in die landbou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie