SA se mielies is die geilste
In Afrika was Suid-Afrika nog altyd die grootste mielieprodusent.
Riana de Lange – Suid-Afrika het die afgelope dekade gemiddeld 17,5% van die vasteland se jaarlikse mielieproduksie gelewer, terwyl die res van die kontinent net 7,6% gelewer het.
Suid-Afrika se gemiddelde mielieproduksie is ook die afgelope tien jaar sowat 40% hoër as wat dit in die 1970’s was en daarom bly ons selfonderhoudend.
Dit is voorbeelde van die merkwaardige bydrae deur die plaaslike landboubedryf ondanks min hulp van regeringskant, het Vassi Naidoo, voorsitter van Nedbank, die afgelope week op Agri SA se kongres in Pretoria gesê.
Landbou se bydrae tot die bruto binnelandse produk (BBP) is 2,6% (met verwysing na kommersiële boere), maar veel groter wanneer die hele waardeketting in ag geneem word. Die landbousektor verskaf ook regstreeks werk aan 6% van alle werknemers wat op enige gegewe tyd in diens is, sê Naidoo.
Teen die tempo wat die wêreldbevolking en vraag na kos groei, kan Suid-Afrika ’n baie belangrike bydrae lewer. Naidoo het syfers van die Wêreldbank genoem wat wys dat die verskaffing van voedsel tussen 2009 en 2050 kan verdubbel, terwyl die wêreldbevolking met sowat 40% sal groei.
“Suid-Afrika se boere het die vaardighede en potensiaal om te help om in dié groeiende vraag te voorsien,” sê hy.
In 1994 was Afrika se bevolking 700 miljoen en Suid-Afrika s’n 41 miljoen. Nou is dit onderskeidelik 1,28 miljard en 57 miljoen mense, en teen 2030 word voorspel Afrika se bevolking sal 1,7 miljard wees en dat Suid-Afrika 65 miljoen mense sal hê, sê Naidoo.
Hoewel die Chinese bevolking na raming teen 2050 kleiner sal wees as dié van Afrika, sal die Chinese se vraag na voedsel steeds hoog wees danksy die land se hoër per capita-inkomste.
Dit laat landboulande met die geleentheid om baie kos te produseer, het hy gesê.
Mielieoes
Volgens die nasionale oesskattingskomitee se finale someroes-skatting sal Suid-Afrika se kommersiële mielieoes vanjaar 12,9 miljoen ton wees.
Hoewel dit nie die rekordoes van 16,7 miljoen ton van die vorige seisoen is nie, is dit steeds meer as die sowat 11 miljoen ton wat nodig is om in die land se behoeftes te voorsien.
Trekkerverkope
In sommige kringe was daar opwinding oor ’n 7%-styging in trekkerverkope in September teenoor ’n jaar gelede.
Die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerievereniging sê in ’n verklaring vir die jaar tot einde September is verkope steeds sowat 7% hoër as in die ooreenstemmende tydperk in 2017.
Vir die jaar tot dusver is stroperverkope egter 3% laer as verlede jaar.
Greg Cadman, voorsitter van die vereniging, sê boere is egter steeds onder groot druk en die hoër verkope is van toepassing op goedkoper toerusting (minder as 100 kW-grootte). Dit kan daarom misleidend wees.
“Boere moet steeds die volgehoue probleme soos hoë insetkoste, beskikbaarheid van finansiering en politieke onsekerheid oorbrug.
“Die lewendige verkope van toerusting in September toon nietemin dat boere wat beplan het om toerusting te koop, besluite vervroeg het om die voordele te benut van die voorraad wat op die oomblik in die land beskikbaar is teen laer pryse,” sê die vereniging.
Cobus Wells, hoof van AgriBusiness by Absa, het op Agri SA se kongres gemaan teen wanopvattings wat geskep word dat grondwaardes deur die bank daal.
“Die kommersiële banke monitor elke maand streng die prys van grondwaardes. Ons sien baie stygings en in sekere gebiede beweeg dit sywaarts.
“In sekere selektiewe plekke is daar ’n afname, maar nie tot op ’n vlak waar die bank besluit dit is ’n probleem en hy wil disinvesteer in die bedryf nie.” -Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie