SA se reserwes styg danksy biertroue
Verhoog met amper 3%
Hanlie Stadler - Die invloei van geld weens die verkryging van SABMiller deur Anheuser-Busch InBev (AB InBev) het Suid-Afrika se totale internasionale likiditeitsposisie in September met 2,8% tot US$41,953 miljard laat verbeter.
Die internasionale likiditeitsposisie is die somtotaal van al die bates wat die Reserwebank tot sy beskikking het om ’n tekort op die betalingsbalans (alle ekonomiese transaksies wat geld laat in- en uitvloei) aan te vul. Dit bestaan onder meer uit goud, buitelandse valuta, buitelandse lenings, spesiale trekkingsregte en termynposisies.
Die Reserwebank sê op sy webwerf sy termynposisie, wat met meer as 24% oftewel US$430 miljoen tot US$2,201 miljard gestyg het, verteenwoordig die netto effek van ruiltransaksies wat aangegaan is om die uitwerking van die “buitengewoon groot” samesmelting tussen die bierreuse vlot te laat verloop. Die impak sou groter gewees het as dit nie was dat ander ruiltransaksies betaalbaar geword het nie.
Heelwat is die afgelope maand bespiegel oor hoeveel geld die land invloei weens die biertroue. AB InBev het waarskynlik oor ’n tyd heen heelwat rande gekoop om plaaslike SABMiller-aandeelhouers te vergoed, en die versterking van die rand tot naby R13 per dollar middel September is daaraan toegeskryf.
Nog geld kan in Oktober die land invloei aangesien die transaksie eers gister voltrek is.
September se buitelandse reserwes, wat Vrydag bekend gemaak is, “sal meer aandag as gewoonlik uitlok in die lig van die bespiegeling oor die aansienlike transaksie,” sê RMB in ’n markverslag.
Daar word geraam dat die Reserwebank sowat US$2 miljard van die geraamde invloei van US$8 miljard wat uit die transaksie spruit, geabsorbeer het.
Die raming van US$8 miljard aanvaar dat alle plaaslike SABMiller-aandeelhouers die kontantaanbod van £45 per aandeel aanvaar het. Daar was ’n perk op die alternatiewe aanbod van nagenoeg ’n halwe AB InBev-aandeel en £4 per SABMiller-aandeel.
Nog US$1,2 miljard gaan na raming in Oktober deur die Reserwebank geabsorbeer word.
RMB verwag dat die land se internasionale likiditeitsposisie in Oktober tot US$41,2 miljard sal styg – die hoogste vlak sedert Desember 2014.
Die “nuwe”, groter AB InBev se aandele begin op 11 Oktober op die JSE verhandel. AB InBev se naam bly onveranderd, maar weens die manier waarop die transaksie gedoen is – deur ’n nuwe houermaatskappy te skep wat SABMiller en die “ou” AB InBev verkry het – verander die bierreus se aandeelkode na ANB. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie