SA se resessie raak Namibië
Suid-Afrika het gister aangekondig die land het in 'n resessie verval.
Namibië se buurland en belangrikste handelsvennoot se bruto binnelandse produk (BBP) het in die tweede kwartaal van 2018 wéér op 'n kwartaalgrondslag ingekrimp. Suid-Afrika se ekonomie het met 0,7% ingekrimp ná dit in die eerste kwartaal van 2018 met -2,6% gegroei het, het Statistieke Suid-Afrika (SSA) bekend gemaak.
Dít beteken Suid-Afrika het in 'n tegniese resessie verval. 'n Tegniese resessie is wanneer die ekonomie twee kwartale agtereenvolgend negatief groei. Die ekonomie het reeds in die eerste kwartaal met 'n aangepaste 2,6% ingekrimp teenoor die laaste kwartaal van 2017.
Van jaar tot jaar gemeet het ons buurland se ekonomie met slegs 0,4% in die tweede kwartaal gegroei.
Namibië se ekonomie het sedert die tweede kwartaal van 2016 geen of negatiewe groei getoon, maar die resessie se houvas op die land het effe verslap.
Met die Namibiese ekonomie en dollar wat soos 'n naelstring aan Suid-Afrika en sy rand verbind is, voorspel ons buurland se resessie niks positiefs vir Namibië nie. Die rand het gistermiddag skerp verswak tot op sy swakste vlak in meer as twee jaar. Gistermiddag het die rand tot R15,33 getuimel.
Tesame met dié slegte nuus is die verhoging van taxitariewe van 20% verlede week aangekondig, asook vandeesweek se aankondiging van die ministerie van myne en energie se brandstofstyging van 40c per liter.
Geldsake gaan knyp, lewenskostes gaan styg en skuld gaan ophoop. Beursies sal stywer toegeknyp en gordels nóg stywer ingetrek moet word.
Só Sê ANDER
5 September
The idea of constitutional supremacy can be one of the most irritating democratic features for post-liberation societies confronted with a legacy of deep inequality and past injustice.
For societies such as South Africa with the need to adopt policies that are aimed at addressing past injustices, having to comply with the Constitution as the supreme law of the land is often seen as a setback for democracy.
Quite often, the solution offered is to amend the Constitution so as to remain within the bounds of the law while pursuing policies that are seen to address our most pressing needs. The debate on land reform in South Africa is a case in point of this. - News24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie