SA span dreig as strawwe teenstand
Namibiërs kan na topklas krieket uitsien wat in die volgende nege dae gespeel gaan word.
Tielman van Lill – Die Castle Lite-reeks van ses interessante wedstryde begin vandag by Wanderers tussen die Eagles en 'n Ontluikende Suid-Afrikaanse span. Die eerste bal van die drie opeenvolgende dae se T20-wedstryde word vanmiddag eenuur geboul.
Die SA span wemel van opkomende spelers wat volgende in die ry staan om vir die Proteas op die veld te stap. Daar is inderdaad 'n paar name wat belangstelling by krieketliefhebbers kan aanwakker.
Die uitgetrede Protea-sneltrein Makhaya Ntini se seun, Thando Ntini (20) is ook 'n regterarmsnelbouler wat spanne soos die SA o.19 Wêreldbekerspan, die Cape Cobras en die Titans verteenwoordig het. Thando is nie verniet hier nie –hy het in elf eersterangse wedstryde (19 kolfbeurte) 30 paaltjies teen gemiddeld 4/98 laat kantel. Sy beste is 5/92. Hy handhaaf ook 'n ekonomiese 3.29 per boulbeurt.
Sy vertonings in eendagkrieket is ook indrukwekkend (20 paaltjies in 13 wedstryde, ekonomie 5.80 per boulbeurt).
Tshepo Ntuli is 'n regterarmwegbreekbouler wat beslis ook die Eagles-kolwers sal laat bontstaan. Sy 121/4 265 (eersteklas teen 6/45) en 31/1 123 (A-lys 3/38 teen 36.22) spreek boekdele.
Die linkerarmdraaibalbouler Gregory Mahlokwana se 36 paaltjies in 28 eendagwedstryde (gemiddeld 28.13) is ewe indrukwekkend.
Nog 'n spoedvraat is Lifa Ntanzi. Dié tiener is weliswaar nog onervare, maar sal beslis kans kry teen Namibië om sy punt te bewys.
Die 24-jarige veelsydige Gauteng-speler Delano Potgieter sal sekerlik aangewend word. Sy 68 paaltjies in 22 eersterangse wedstryde is tops en sy eendagsyfers (34 paaltjies in 44 wedstryde, ekonomie 4.39) voorspel hy sal sy deel op die toer moet doen.
As kolwer het Potgieter sover 916 eendaglopies en 542 lopies in T20-krieket (hoogste 71).
Van die kolwers kan die 25-jarige Grant Roelofsen van die Dolphins beslis ook 'n kopseer wees. Hy spog met 2 425 lopies in 45 eersteklasbotsings teen gemiddeld 39.75. Sy eendagvertonings is selfs beter met 1 342 lopies sover teen 43.29 per beurt.
Joshua Richards is 'n gevaarlike kalant met 'n eersterangse gemiddeld van 46.56, 33.66 in eendagkrieket en 38.50 in T20-wedstryde. Die kolflys kan goed deur die veelsydige Jason Smith bygestaan word en sy boulsyfers is van die beste (104 eersterangse paaltjies, 36 in eendagkrieket en 19 in T20-wedstryde).
Sinethemba Qeshile is nog 'n ontluikende kolwer en paaltjiewagter. Met gemiddeld 35.60 eersteklaslopies (99*) agter sy naam en 33.72 eendaglopies kan hy gerus dopgehou word.
'GELEENTHEID'
Mnr. Johan Muller, hoofbeampte van Krieket Namibië, sê die Eagles moet op hul onlangse sukses voortbou.
“Die Eagles het pas 'n suksesvolle reeks teen Uganda gehad en moet hierop voortbou om sukses te kweek. Ons speel al meer internasionale krieket en dit is belangrik dat ons span gereed vir die Wêreldliga Twee-reeks moet wees. Dit is ook noodsaaklik vir die Eagles om hul voorbereiding vir die T20 Wêreldbeker in Indië op koers te hou.
“Ek is baie positief oor die SA span se besoek, want dit is belangrik vir Krieket Namibië om 'n goeie verhouding met sy bure te hê. Die SA span is wel jonk, maar dit 'n puik span met baie talent en sal goeie kompetisie vir die Eagles wees om hulself te weeg.
“Kombinasies sal opnuut getoets word en 'n paar nuwe spelers kry kans om op 'n hoër vlak hand op te steek. Die intensiteit van internasionale kompetisie is belangrik vir ons ter voorbereiding vir die Wêreldbeker.”
Gerhard Erasmus, die Eagles-kaptein, sê: “Die Suid-Afrikaners het pas 'n volle seisoen agter die blad waar hulle baie T20, eendag- asook meerdaagse wedstryde gespeel het.
“Ek is seker hierdie ouens is goed op die veld en sal uitstekende kompetisie wees. Hulle is wel jonk, maar van hulle het al baie krieket gespeel en is ervare. Hopelik is ons reg vir hulle en dit sal baie goeie krieket wees.
“Ons sien uit na die reeks, om hulle by Wanderers te verwelkom en om hulle 'n harde tyd te gee.”
Ondersteuners is welkom om die botsings by Wanderers by te woon en met spesiale aanbiedinge by die biertent en restaurant die spanne dop te hou.
Entoesiaste elders kan die aksie op die videostroom regstreeks in die Grove-inkoopsentrum by Ocean Basket, RocoMamas of Wimpy volg. In Swakopmund is The Dome die aangewese venue om by die Pitstop Sports Bar te gaan kyk.
Eagles-groep: Gerhard Erasmus (kaptein), Tangeni Lungameni, JP Kotzé, Maurituis Ngupita, JJ Smit, Jan Frylinck, Karl Birkenstock, Ben Shikongo, Bernard Scholtz, Nicol Loftie-Eaton, Craig Williams, Michael van Lingen, Stephen Baard, Dewald Nell, Ruben Trumpelmann, Zane Green, Shaun Fouché.
T20-reeks se wedstryde (alles by Wanderers): Vrydag, Saterdag en Sondag (13:00).
– [email protected]
FOTO’S
Die naatbouler Dewald Nell is een van die jong Eagles wat in die komende reeks moet swem of sink. Foto Batch Loftie-Eaton
Die Namibiese kaptein Gerhard Erasmus is die afgelope seisoene ’n staatmaker in elke afdelig van die spel. Foto Batch Loftie-Eaton
JP Kotzé het baie om te bewys met die kolf ná sy onbestendige vertonings in die reeks teen Uganda. Foto Batch Loftie-Eaton

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie