SA spanne se superheld-truie onthul
SA spanne se superheld-truie onthul

SA spanne se superheld-truie onthul

Stephen Nell - Gaan Thor vir Captain America met 'n hamerslag neervel? En sal Spider-Man die Black Panther in ’n web van ellende vasvang?

Als sal op 3 Februarie by die Kaapstad-stadion onthul word wanneer Suid-Afrika se Superrugby-spanne in hul strokiesprent-truie in vriendskaplike wedstryde teen mekaar speel.

Die Bulle se trui is geskoei op Captain America, die Stormers is Thor, die Leeus Spider-Man en die Haaie Black Panther.

Suid-Afrika se spanne sal dié truie, geïnspireer deur Marvel-strokieshelde in die meeste derbies tussen hulle dra. Dit sal waarskynlik wedstryde tussen die Haaie en Stormers uitsluit, want albei se truie is oorwegend swart.

Die spanne sal in wedstryde teen internasionale teenstanders hul gewone tuis- en wegtruie dra.

Die eerste wedstryd met die nuwe truie sal op Sondag 3 Februarie om 14:00 tussen die Haaie en Leeus in die Kaapstad-stadion wees. Daarna speel die Stormers en Bulle teen mekaar.

Vermaak gaan die hooftema wees, met families wat aangemoedig word om soos hul gunsteling-superhelde aan te trek.

• Kaartjies kos R50 elk of R150 vir vier. Dit kan by Computicket bespreek word. Geen kaartjies sal op die dag van die wedstryde by die stadion verkoop word nie. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!