SA Spele sal voorste gimnaste toets

Ritmiese gimnastiek
Andrew Poolman
Die tweede nasionale kwalifi­s­erende byeenkoms vir ritmiese gimnaste is onlangs deur die Windhoek Ritmiese Klub aangebied.

Altesame 256 gimnaste van oral in Namibië was vir die kompetisie byeen, waarna 'n span van 45 – vanaf vlak 4 tot die hoëprestasievlakke – gekies is om vanaf 3 tot 8 Oktober by die Suid-Afrikaanse Spele in Pretoria te gaan deelneem.

Die hoogste puntetelling deur 'n junior gimnas was deur Precious Kashima (vlak 3) met 13.60 punte, terwyl Shayna Schutte (pre-junior) met 9.48 die beste prestasie van die senior groepe gelewer het.



Die verkose gimnaste vir die reis na Pretoria is:

Vlak 4, onder 9: Uno Karimuje, Tumi Badmos, Annika Silver, Kaylin Clark, Taimi Nanyanga en Naomi Raad. Onder 11: Kayla Pesch, Caitlyn Rust, Manuella Kakulote, Wida Wilders (saam ook 'n balgroep).

Onder 13: Alanna Esterhuysen, Nina Hartz.

Vlak 5, onder 11: Augustine Everson, Kylie Meinert, Carla Duvenhage.

Onder 13: Hilde-Marie Olivier, Shena la Cock, Marlis Gerber, Jameela Mupia en Imuua Hauuanga.

Onder 15: Nina van der Merwe, Kenisha Platt. Bo 15 jaar: Lilian Steyn en Bianca Nel.

Vlak 6, onder 9: Lia Kafuna.

Onder 11: Kaylynn Klein, Tiffany Ahrens, Joy Lana Kabooy.

Onder 13: Miya Oosthuizen, Madison Rust.

Onder 15: Zani van der Merwe.

Vlak 7, onder 13: Kayla Fortuin. Onder 15: Taylor Robb.

Vlak 8: Kenandjo Mupia, Angelina Namases, Zanria Strauss, Shakira Basson.

Vlak 9: Svenja Burth.

Vlak 10: Lucinda Rajzmann, Cora Starke.

Hoëprestasie 4: D'Laine Olivier.

Pre-junior: Shayna Schutte, Carla Schulz, Mea-Nine Olivier.

Senior: Dina Iskhakova.

Die volgende plaaslike kompetisie sal op 27 en 28 Oktober in Walvisbaai gehou word.

By dié geleentheid sal opnuut 'n verteenwoordigerende span gekies word om aan die Streek 5-toernooi deel te neem wat in Desember op Walvisbaai voorlê.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer