SA verkoop militu00eare meters aan korrupte Mianmar
SA verkoop militu00eare meters aan korrupte Mianmar

SA verkoop militêre meters aan korrupte Mianmar

Suid-Afrika het verlede jaar 200 hoogs verfynde afstandmeters na Mianmar uitgevoer wat gebruik word om kanonne en mortiere met dodelike akkuraatheid te rig.

Die militêre junta van Mianmar, wat verlede jaar R57,5 miljoen betaal het vir die Suid-Afrikaans vervaardigde laserafstandmeters, is al jare een van die mees verdrukkende regerings op aarde.

Die transaksie het ’n week gelede aan die lig gekom in ’n verslag oor die uitvoer van wapens en militêre toerusting. Suid-Afrika het met hierdie transaksie buitelandse valuta van R57,5 miljoen verdien.

“Dit kan nie as wapens geklassifiseer word nie, maar dié soort afstandmeters word net gebruik om kanonne of mortiere mee te rig om oor lang trefafstande akkuraat mee te kan skiet,” sê die militêre ontleder Helmoed-Römer Heitman.

Die verslag is deur die gesamentlike komitee vir verdediging bespreek.

George Michalakis, een van parlementslede wat in die komitee dien, wou weet waarom permitte vir die uitvoer van die afstandmeters en ander radiotoerusting aan Mianmar toegestaan is.

“Die land was stabiel op die tydstip toe die permitte toegestaan is,” het Jeff Radebe, minister van energie en voorsitter van die wapen­beheerkomitee, geantwoord.

Roelf Meyer, voormalige minister van verdediging en medeskrywer van Suid-Afrika se Grondwet, is betrokke by vredespogings in Mianmar. Hy was verbaas om te hoor dat Suid-Afrika die toerusting aan die land gelewer het.

“Daar is eintlik twee parallelle regerings in Mianmar: ’n burgerlike regering onder leiding van die Nobelprys-wenner Aung San Suu Kyi, wat al die burgerlike portefeuljes in Mianmar se regering beheer, en die militêre heersers wat die land se weermag, al die grensposte en die departement van binnelandse sake beheer,” sê Meyer.

Hy tree as adviseur vir San Suu Kyi op.

Meyer stem saam dat die toerusting nie streng gesproke as wapentuig beskou kan word nie, maar was nietemin verbaas.

“Ek is taamlik seker dis deur ’n tussenganger van Suid-Afrika aan die militêre bewindhebbers verkoop,” het Meyer gesê. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!