SA ‘vol vertroue’ Zim kan dodelike betogings oplos
Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) is “vol vertroue dat die maatreëls wat deur die Zimbabwiese regering ingestel word, die situasie sal oplos” terwyl protesaksies oor brandstofpryse voortduur.
Ndivhuwo Mabaya, departementele woordvoerder, het Dinsdag in ’n verklaring gesê beraadslaging tussen diplomate vind plaas en dat die Suid-Afrikaanse regering “die situasie monitor”.
Vroeër Dinsdag tydens die tweede dag van dodelike protesaksie, het ’n Zimbabwiese militêre helikopter traangas op betogers in die hoofstad afgevuur, het AP berig.
Dit kom nadat die regering oor die afgelope naweek die prys van brandstof meer as verdubbel het deur aan te kondig dat diesel US$3,11 (R42,96) per liter kos en US$3,33 (R45,97) per liter petrol.
Die verhoging het tot die land se grootste protesaksie gelei sedert verlede jaar se geweld ná die verkiesing.
SKOLE GESLUIT
Sosialemedia-platforms is afgeskakel, berig AP, terwyl besighede en skole ook gesluit is.
Openbare vervoer het ook tot ’n stilstand gekom in die meeste dele van die land.
Volgens die Zimbabwe Association of Doctors for Human Rights is vyf mense Maandag dood tydens protesaksie waartydens veiligheidsmagte op skares losgebrand het.
Nóg ’n menseregtegroep het gesê 26 mense het skietwonde opgedoen en was bang om hospitale te besoek uit vrees vir aanrading of inhegtenisnemings, het AP berig.
Volgens AP het ooggetuies ook berig veiligheidsmagte het van huis tot huis gestap en mense aangerand wat vermoedelik deel vorm van die protesaksies.
Intussen berig Reuters die Zimbabwiese weermag het Dinsdag ’n hoë sigbaarheid gehandhaaf om verdere onrus te voorkom, maar die voortgesette wanorde het die vloei van kernvoorraad in die land belemmer. – Netwerk24/News24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie