SA Vroulandbou-unie hou binnekort in Windhoek kongres
SA Vroulandbou-unie hou binnekort in Windhoek kongres

SA Vroulandbou-unie hou binnekort in Windhoek kongres

Ronelle Rademeyer
Die Namibiese Vroueverening (NVV) is in Oktober die gasvrou vir die driejaarlikse kongres van die Suid-Afrikaanse Vrouelandbou-unie wat in Windhoek aangebied word.

Dit volg nadat die NVV self onlangs by Wanderers in Windhoek onder leiding van die president, dr. Marina Muller, kongres gehou het.

Die NVV sê in 'n verklaring die kongres is deur 61 lede bygewoon. Die streekspresident van die Wêreldbond vir Landelike Vroue (ACWW), me. Mabel Moyo, het dit ook bygewoon. Sy is van Zimbabwe.

Volgens Moyo is die ACWW die grootste vroueorganisasie ter wêreld en poog dit om deur projekte en programme die lewenstandaard van plattelandse vroue te verbeter. Die NVV is by die ACWW geaffilieer.

Die ACWW hou haar 90ste driejaarlikse kongres in April 2019 in Melbourne, Australië.

NVV-lede wat dié kongres wil bywoon, moet voor die einde van September inskryf om vir die “Early Bird”-registrasie in aanmerking te kom.

Die gasspreker tydens die NVV-kongres was dr. Schalk Botha. Hy het ‘n baie treffende praatjie oor vroue in trauma gelewer. Hy het genoem dat vroue een of ander stadium, een of ander vorm van trauma beleef. Elkeen hanteer trauma op ‘n ander manier. Dit is belangrik dat daaroor gepraat moet word.

Daar is verslag gelewer oor die Waag en Wenprojek. Keetmanshooptak het byvoorbeeld hulle plaaslike museum opgeknap. Die nuwe projek wat die NVV in 2019 gaan aanpak is om plastiek te beveg. ‘n Poging gaan deur die lede aangewend word om minder plastieksakke te gebruik. Me. Alida Botha, visepresident, het ‘n demonstrasie oor eiers gelewer en wenke gegee om die mikrogolf doeltreffend te gebruik om eiers gaar te maak.

Die jaarlikse Bakprokompetisie is deur me. Amelia van Rooyen van Aroab gewen. Me. Hermien van den Berg van Windhoektak was tweede en me. Elmarie Voster van Otjiwarongo was derde.

Koës se tak het die meeste punte met die kompetisie-artikels behaal, Marientaltak was tweede en die Dramekaar-tak was derde.

Muller, van die Kenmekaartak, het die meeste punte behaal, met me. Mercia Vermeulen (Koës) die tweede meeste en me. Gerrie Scholtz (Dramekaar) die derde meeste punte.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!