SA: Wit mans oorheers steeds op topvlak
SA: Wit mans oorheers steeds op topvlak

SA: Wit mans oorheers steeds op topvlak

Werkgewers sal voortaan ’n sertifikaat van voldoening moet hê, en sonder so ’n sertifikaat sal hulle nie met die regering kan sake doen nie.
Francois Williams – Die strop gaan stywer trek om werkgewers wat nie vorder met transformasie in die werkplek nie, het Thulas Nxesi, minister van arbeid, Dinsdag gewaarsku.

Hy was baie teleurgesteld deur wat hy swak en trae vordering met transformasie in die werkplek genoem het op grond van die jongste syfers in die Kommissie vir Diensbillikheid se jaarverslag.

Werkgewers sal voortaan ’n sertifikaat van voldoening moet hê, en sonder so ’n sertifikaat sal hulle nie met die regering kan sake doen nie, sê Tabea Kabinde, voorsitter van die kommissie. Artikel 53 van die Wet op Diensbillikheid maak vir so 'n sertifikaat voorsiening, maar die artikel is nog nooit van krag gemaak nie. Dit is nou in die wetgewende proses as deel van die Wysigingswetsontwerp oor diensbillikheid wat na verwagting teen einde vanjaar deurgevoer sal word.

Nxesi sê die verslag wys daar is min vordering met transformasie in die werkplek sedert die Wet op Diensbillikheid 20 jaar gelede van krag geword het. Die groepe wat ’n agterstand het is steeds gestremdes, swart en bruin mense.

“Die ongesonde situasie wys nie ’n inklusiewe ekonomie nie. Dit is duidelik dat selfregulering nie werk nie. Die risiko van nievoldoening moet dus verhoog word, sodat mense weet daar sal gevolge wees. As die risiko om vervolg te word baie laag is, sal baie werkgewers nie voldoen aan die wet nie.”

“As sekere groepe onderverteenwoordig word in die ekonomie, beteken dit die talente en vaardighede word onderbenut. Ons gaan meer ontleding doen en begin om baie hard op te tree,” waarsku Nxesi.

Kabinde sê die konstruksie- en finansiële bedryf vorder die swakste met transformasie.

Nxesi het toegegee die departement van arbeid het ’n tekort aan inspekteurs wat kan sorg dat werkgewers voldoen aan die diensbillikheidsteikens, want daar is een inspekteur vir elke 20 000 werkgewers.

Die verslag wys wit mans oorheers steeds in topbestuur en senior bestuur.

· Hoewel swart mans 42,8% van die ekonomies aktiewe bevolking verteenwoordig, beslaan hulle net 10% van topbestuurders.

· Wit mans beslaan net 5,1% van die ekonomiese aktiewe bevolking, maar beslaan 53,3% van die topbestuur.

· Swart vroue is 36% van die ekonomies aktiewe bevolking, maar is net 5,1% van die topbestuur.

· Wit vroue is 3,9% van die aktiewe bevolking maar 13,1% van die topbestuur.

· Bruin vroue is 4,4% van die aktiewe bevolking maar net 2% van die topbestuur.

· Die syfers wys wel swart mense oorheers in die staatsektor waar 76% van die topbestuur swart is en net 8,9% is wit.

· Kabinde sê werkgewers gaan aangemoedig word om meer gestremdes in diens te neem, want hulle verteenwoordig steeds net 1% van die ekonomies aktiewe bevolking. Hoewel daar goeie verteenwoordiging is van wit vroue en Indiërs in die boonste vier vlakke van poste, is daar ’n noodsaak om meer gestremdes, swart en bruin mense in dié posvlakke in diens te neem.

· Sedert die Wet op Diensbillikheid van krag geword het, bereik werkgewers steeds nie die teikens nie. Dit wys transformasie vorder baie stadig.

· Die skuif van middelste na boonste posvlakke deur swart en bruin mense is steeds baie stadig, en verander met net 1% per jaar, sê Kabinde. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-09-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford #REF! Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.34 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.11 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.3 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14193.3 Down -0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30871.1 Down -0.49% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 659.15/OZ UP +1.25% | Copper US$ 4.50/lb UP +4.13% | Zinc US$ 3 026.80/T UP 0.14% | Brent Crude Oil US$ 75.31/BBP UP +1.25% | Platinum US$ 986.67/OZ UP +2.99% #REF!