SAA nou in Pravin Gordhan se hande
Hanlie Stadler
Pravin Gordhan gaan voortaan as minister van openbare ondernemings oor die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAA) toesig hou.
Dit kom nadat die presidensie die administrasie van die staatsbeheerde lugdiens ná byna vier jaar teruggeskuif het na Gordhan se ministerie.
Volgens ’n verklaring deur die tesourie is die oordrag gedoen nadat die twee departemente ’n studie gedoen het om ’n “optimale groepstruktuur” te bepaal vir die staatsbeheerde lugdienste, wat ook SA Express en Mango insluit.
“As die uitvoerende gesag vir ander groot staatsbeheerde maatskappye. . . is die minister van openbare ondernemings die beste geplaas om die rentmeester van die staat se lugvaartbates te wees.”
ONDER TOESIG
Die SAA is in Desember 2014 onder die toesig van die tesourie geplaas toe die lugdiens reeds in ’n finansiële penarie was. Verskeie voorgestelde omkeerplanne later is die lugdiens steeds tegnies bankrot.
Gordhan het van Desember 2015 tot Maart 2017 as minister van finansies ook oor die SAA toesig gehou en het gereeld koppe gestamp met Dudu Myeni, die omstrede voormalige voorsitter, wat noue bande met oudpres. Jacob Zuma het.
In Desember verlede jaar is bespiegel dat die SAA teruggeskuif sou word na die departement wat ook oor Eskom, Transnet en ander staatsondernemings toesig hou, maar dis toe deur Zuma ontken.
Die SAA se direksie is verlede jaar vernuwe en Vuyani Jarana, ’n voormalige topbestuurder van Vodacom, is as uitvoerende hoof aangestel.
Jarana het onderneem om die SAA teen 2021 winsgewend te maak. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie