Saai klein wonderwerke!
Soms kan die eenvoudigste gebaar iemand se lewe verander.
Wonderwerke gebeur elke dag en spesiale mense, soms vreemdelinge of net kennisse, kan 'n groot impak op jou lewe maak. Klein dade van goedhartigheid kan iemand se geloof in die mensdom herstel en hul omstandighede totaal verander.
Die fliek Miracles from Heaven, met Jennifer Garner in een van die hoofrolle, is verlede jaar vrygestel en is tans op die kassie te sien. As jy dit gesien het, sal jy verstaan wat ek bedoel.
Miracles from Heaven is gebaseer op die ware verhaal van die negejarige Anna Beam, wat aan 'n rare, ongeneeslike siekte ly. Anna kry behandeling vir die siekte, maar dis nie altyd suksesvol nie. Op 'n dag val sy in die holte van 'n ses meter hoë boom in.
In die ure wat sy daar vasgevang is, beleef sy 'n amper-dood ervaring. Gelukkig word sy gered. Toe dokters haar na dié ervaring ondersoek, ontdek hulle dat sy, afgesien van ligte harsingskudding, absoluut niks makeer nie. Sy is op wonderbaarlike wyse van haar siekte genees.
Dis inderdaad 'n wonderwerk, maar wat vir my die treffendste van Anna se verhaal is, is hoe mense wat haar en haar familie se nood raaksien, klein dingetjies doen om die Beam-gesin te help – meestal sonder hul medewete.
So is dit ook in ons eie lewens. “Random acts of kindness” het nie net betekenis vir ontvanger daarvan nie, maar ook vir die gewer.
Oënskynlik klein dade kan in wese klein wonderwerke wees. Dink net, dit kan elke dag gebeur! Wie wil dan nou nie 'n sjokolade uit die bloute kry nie, of 'n mooi SMS, e-pos of WhatsApp-boodskap ontvang nie?
Soms moet ons daaraan herinner word dat goeie dinge ook in hierdie hartseer wêreld gebeur. Of ons dit nou wonderwerke, seëninge of blote geluk noem – dit maak nie saak nie. Dit gee ons hoop - en almal het hoop nodig.
Ek wil hierdie jaar my bes doen om 'n verskil in die mense om my se lewens te maak – net soos almal wat, veral die afgelope paar maande, 'n groot verskil in my lewe gemaak het. Die woord "dankie" is nie genoeg nie!
Ons het elkeen die geleentheid om 'n klein wonderwerk in iemand anders se lewe te wees. Gebruik elke kans om vir iemand 'n seën te wees. Wees goedgesind, vriendelik en glimlag baie. Wees 'n skouer om op te huil of 'n oor wat luister. Jy weet nooit hoeveel dit moontlik vir 'n ander kan beteken nie.
Ek dink dit was Leo Tolstoy, die Russiese skrywer, wat gesê het: “Almal wil die wêreld verander, maar niemand dink daaraan om homself te verander nie”.
Nou is jou kans!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie