Saak teen vrou laat vaar in Kim Jong-nam se moord
Saak teen vrou laat vaar in Kim Jong-nam se moord

Saak teen vrou laat vaar in Kim Jong-nam se moord

Die twee vroue se regsverteenwoordigers het van die begin gesê hulle is betrek by ’n politieke sluipmoord met duidelike bande met die Noord-Koreaanse ambassade in Kuala Lumpur.
’n Indonesiese vrou wat vir twee jaar aangehou is op aanklagte dat sy die halfbroer van die Noord-Koreaanse leier vermoor het, is Maandag vrygelaat nadat ’n Maleisiese hof al die aanklagte teen haar teruggetrek het.

Siti Aisyah en nog ’n vrou, Doan Thi Hoeong, is daarvan beskuldig dat hulle op 13 Februarie 2017 ’n senuweegif op Kim Jong-nam se gesig gesmeer het in ’n lughawesaal in Kuala Lumpur. Die saak teen Hoeong is weens die skielike vrylating van Aisyah tydelik gestaak, berig CNBC.

Salim Bashir, wat vir Hoeong verskyn, sê sy was gereed om te getuig. Sy was onder die indruk dat sy deelgeneem het aan ’n poets vir ’n TV-werklikheidsprogram.

Sy het geen opset gehad om iemand skade te berokken nie. Die saak teen haar is nie teruggetrek nie. Dit is uitgestel nadat Aisyah se ontslag en nie haar eie nie haar erg ontstel het en sy nie verder kon getuig nie.

VIER VERDAGTES GEVLUG

Vier verdagte Noord-Koreane het uit Maleisië gevlug die oggend toe Kim vermoor is.

Die twee vroue se regsverteenwoordigers het van die begin gesê hulle is betrek by ’n politieke sluipmoord met duidelike bande met die Noord-Koreaanse ambassade in Kuala Lumpur.

Maleisiese amptenare het nooit amptelik Noord-Korea van die moord beskuldig nie, en het dit duidelik gemaak hulle wil nie politiek by die saak insleep nie.

Kim Jong-nam is die oudste seun in die regerende Kim-familie in Noord-Korea. Hy het jare lank in die buiteland gewoon en kon as ’n bedreiging beskou word vir die huidige leier van Noord-Korea, Kim Jong-oen.

Daar is destyds wyd gespekuleer dat Kim Jong-oen agter sy halfbroer se dood gesit het.

Die aanklaers in die saak het geen aanduiding gegee waarom die saak teen Aisyah laat vaar is nie, berig CNN.

Die saak teen Hoeong gaan Donderdag voort.

Videomateriaal in Kuala Lumpur se internasionale lughawe toon hoe ’n vrou Kim van agter benader, iets aan sy gesig smeer en dan weghardloop. Kim is minute later dood. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!