Saak van verkragting teen pastoor uitgestel
Volgens pastoor Joe Diergaardt se prokureur sal op 20 Julie ’n voorlopige pleitverduideliking by die hof indien.
Augetto Graig – Die saak teen pastoor Joe Diergaardt, voorheen van die Rynse Evangeliese Lutherse Kerk in Namibië (RELK) in Khomasdal, waarin hy tereg staan op klagte van die verkragting van vier minderjarige seuns, is tot 20 Julie uitgestel.
Volgens sy prokureur mnr. Garth Joseph sal hy dan ’n voorlopige pleitverduideliking indien.
“Natuurlik sal hy onskuldig pleit. Ons verwerp daardie goed. Ons ontken dit heeltemal,” het Joseph Vrydag by die landdroshof in Katutura gesê.
Hy verwag ook die staat sal in Julie vra dat die saak na ’n hoër hof verskuif word; dalk die streekhof of die hoërhof, sê hy.
Die saak is al voorheen uitgestel om vir die polisie voldoende tyd te gee om die ondersoek te voltooi en die nodige verklarings te neem. Dit is volgens Joseph nou gedoen.
Diergaardt is steeds vry op borgtog.
Een van die klagte in die klagstaat spruit uit 'n beweerde voorval in 2010 en 'n ander een in Julie 2019, terwyl die datums vir die ander twee nie aangedui word nie. Die betrokke seuns was almal onder 14 jaar en een was so jonk as 10.
Diergaardt is op 29 Januarie vanjaar in hegtenis geneem nadat die ma van een van die seuns 'n klag teen hom by die eenheid vir die bekamping van vroue- en kindergeweld van die Namibiese polisie aanhangig gemaak het.
Benewens die RELK-gemeente in Windhoek het Diergaardt ook verskeie omliggende gemeentes en buitewyke soos op Rehoboth, Klein Aub en Garies bedien, volgens sy bepaalde jaarprogram.
Ná amper 'n dekade as RELK-pastoor was Diergaardt ook die voorsitter van die kerksinode.
Die kerk het hom sedertdien gevra om te bedank en het alle verbintenis met Diergaardt verbreek ná die voltooiing van ’n interne ondersoek.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie