Saalperde skou weer
Saalperde skou weer

Saalperde skou weer

Perdesport
Ná heelwat gewroeg teen die inperkingsreëls het die Sentraalstreek besluit om op die naweek van 7 en 8 Mei weer 'n saalperdskou by Rolé Equestrian Centre by Brakwater aan te bied.

Die skou begin die Vrydagmiddag om 14:00 tot omstreeks 19:00.

Behalwe vir die pragtige saalperde wat vertoon gaan word deur ruiters wat die afgelope tyd doelgerig bly oefen het, namate die inperkingreëls dit toegelaat het, sal daar plesierperde, Friese en Warmbloods wees.

Dit sal die eerste skou wees vandat die eerste inperking vroeg in 2020 ingetree het en toeskouers word graag terug verwelkom om in die pragtige perdesport te kom deel.

Die skou dien ook ter kwalifisering vir die Namibiese saalperdkampioenskap wat in Oktober vanjaar aangebied word.

Heerlike vermaak word vir die hele gesin aangebied. Die Saterdagaand om 18:00 sal Ignite Dance Studio tydens die aandete optree. Die Saterdagmiddag sal TSU vir die toe­skouers 'n vertoning met hul beskermingshonde doen wat verskillende ­scenario's van die alledaagse lewe binne die gesin weerspieël en die rol wat 'n goed opgeleide beskermingshond speel ten opsigte van die veiligheid van die gesin.

Sakresies, stokperdresies en nog vele meer sal vir die kinders aangebied word.

Toegang is gratis en 'n gelisensieerde kroeg sal deurentyd beskikbaar wees.

Purple Fig Cooking School hanteer die kombuis met heerlike eetgoed Vrydag en Saterdag. Etekaartjies kan vooraf by [email protected] bestel word.



FOTO
Marzaan Visser, die o.10 kinderruiterkampioen. Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer