Saalperde spog weer

Perdesport
Die 2019 Namibiese nasionale saalperdkampioenskap is onlangs by die Rolé perdesportsentrum noord van Windhoek aangebied.

Die jaarlikse geleentheid is die hoogtepunt op die kalender vir die eienaars, vertoners en toeskouers van Namibiese saalperde.

Me. Daleen de Beer van Delmas, Suid-Afrika wat as beoordelaar opgetree het, was vol lof en positiewe kommentaar oor die sukses van die skou en die gehalte van die perde.

Die uitslae van die grootkampioenskappe:

Kampioen Fries / Vlaam driegang kinderperd: Maritz vertoon deur Amoré Moller.

Kampioen Fries /Vlaam driegang ryperd: Albert vertoon deur Caroline Neumann.

Namibiese grootkampioen driegang tienerruiter: Timothy Liebenberg met Fifty Shades of War.

Namibiese grootkampioen vyfgang tienerruiter: Bianca Moller met Desert Thunder.

Namibiese grootkampioen driegang kinder plesierperd: African Sunset vertoon deur Timothy Liebenberg.

Namibiese grootkampioen vyfgang kinder plesierperd: New Style vertoon deur Marzaan Visser.

Namibiese grootkampioen driegang kinder parkperd: Kingston vertoon deur Timothy Liebenberg.

Namibiese grootkampioen driegang kinderperd: Dark Emperor vertoon deur Zonnika Cilliers.

Namibiese grootkampioen vyfgang kinderperd: One & Only vertoon deur Timothy Liebenberg.

Namibiese grootkampioen siertuigperd: African Sunset vertoon deur Timothy Liebenberg.

Namibiese grootkampioen driegang parkperd: A Moment In Time vertoon deur Pieter Burger.

Namibiese grootkampioen driegangperd: Head of State vertoon deur Elmarie Cilliers.

Namibiese grootkampioen vyfgangperd: Watasha vertoon deur Pieter Schreuder.

• Tydens die geleentheid is ook erkenning gegee aan die uitblinkers uit Namibiese geledere wat op die Suid-Afrikaanse nasionale saalperdkampioenskap as grootkampioene bekroon is.

Dié lys sluit in Sun Ray van wyle Etienne Botha, Touch The Moon van die Lamprechts-Van der Merwe gesinne, Walking Tall van Wayne en Bianca Erasmus, Highland Joe van Johan Pretorius, driegang Kampioen van Kampioene wenners Yolandi en Mariska Oberholzer en Dark Emperor van Zonnika Cilliers.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!