Saara berispe staatsbase
Boekhouding in die staatsdiens laat volgens die premier steeds veel te wense oor.
Denver Kisting – Daar is steeds te veel ministeries wie se ouditverslae deurspek is met negatiewe bevindinge, sê die eerste minister, dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila.
Ondanks dié konsekwente menings word die uitdagings steeds nie aangespreek nie, sê sy.
Sy sê die kwessies sluit die swak bestuur van bateregisters in wat die bestuur van openbare mates in die gedrang laat beland.
Hiernaas, sê sy, hou alle ministeries ook nie behoorlik boek wat stawende dokumentasie vir uitgawes betref nie.
Sy het voorts gesê die boekhouding van tenderuitsonderings laat ook veel te wense oor.
Eweneens, het Kuugongelwa-Amadhila gesê, word die administratiewe oordrag van fondse van een gedeelte van ’n begroting na ’n ander ook nie deeglik geboekstaaf nie.
Vir die 2016-’17-boekjaar alleen het ’n derde van regeringsinstellings ’n gekwalifiseerde ouditverslag ontvang, wat beteken die ouditeur-generaal het kommer oor die rekordhouding van die liggame uitgespreek.
Volgens Kuugongelwa-Amadhila is dit ’n grondwetlike vereiste dat die regering as ’n eenheid funksioneer.
Om daardie rede is dit belangrik dat uitvoerende direkteurs voldoen aan die beginsel van gesamentlike verantwoordelikheid wat openbare bestuur betref, sê sy.
Die eerste minister het gister ’n vergadering met uitvoerende direkteurs, voorheen bekend as permanente sekretarisse, in Windhoek belê.
Hulle moet onthou hulle is regtens verantwoordelik vir die bestuur van staatsgeld en ander bates onder hul onderskeie ministeries, het sy gemaan.
Die eerste minister het ook die uitvoerende direkteurs beveel om te verseker hul ministeries voldoen aan openbareverkrygingsvereistes.
Sy sê kontrakte word dikwels verleng weens ’n gebrek aan gereedheid om met projekte aan te gaan.
Volgens haar boei dit die regering aan ooreenkomste wat lankal nie meer gunstig is nie. “Maar dit ondermyn ook die stelsel van verkryging waardeur waarde vir geld benut kan word.”
Kuugongelwa-Amadhila het terselfdertyd pres. Hage Geingob en die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, se kommer oor die staat se salarisrekening geëggo.
Sy het gevra dat oortydeise tot uiters noodsaaklike en onvermybare gevalle beperk word.
Plaaslike en buitelandse reise mag slegs onderneem word as dit “’n akute noodsaaklikheid is” dat ’n regeringsamptenaar ’n spesifieke geleentheid moet bywoon, het sy gesê.
Wat die vul van vakatures of skep van nuwe betrekkings betref, mag dit slegs gebeur as dienslewering negatief beïnvloed kan word, het sy gesê.
Staatslui hoop ook te veel verlofdae op, wat meebring dat die regering groot bedrae geld moet opdok wanneer dié mense bedank, sê die premier.
Behalwe dat die neem van verlof finansiële voordele vir die staat kan inhou, is dit belangrik dat werknemers voldoende rus om optimaal produktief te wees, sê sy.
Sy het ook ’n beroep gedoen op uitvoerende direkteurs om te verseker staatsdiensamptenare voldoen aan vereistes van professionele en etiese gedrag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie