Saara sien lig in korrupsietonnel
Saara sien lig in korrupsietonnel

Saara sien lig in korrupsietonnel

Dani Booysen
Die inhoud van Namibië se nuwe konsepplan teen korrupsie vir 2021-'25 bevat volgens eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila talle positiewe tekens dat hierdie vyand van ­welvaart en gelykheid verslaan kan word. Sy was gister aan die woord in Windhoek.

Die plan gee haar “baie hoop,” het Kuugongelwa-Amadhila gesê.

Die premier het die feit dat alle belanghebbendes vergader om die nuwe strategiese plan teen korrupsie te finaliseer, as 'n bewys van die land se “onwrikbare verbintenis” tot deursigtigheid, aanspreeklikheid en die stryd teen alle vorme van korrupsie, wanadministrasie en wanbestuur beskryf.

Die strategie bevat onder meer afdelings oor die verbetering van politieke verantwoording, die versterking van afskrikmiddels wat korrupsie sal ontmoedig, uitgebreide opvoeding en bewusmaking, asook verskerpte veldtogte teen korrupsie in die privaat­sektor en in sport.

Kuugongelwa-Amadhila het in die algemeen die belang benadruk om gereeld wetgewing en beleid te hersien. Sy het ook die rol van toesig en die monitering van die uitvoering van enige plan beklemtoon om sukses te verseker.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!