SAB boos oor hou00ebr bier-belasting
SAB boos oor hou00ebr bier-belasting

SAB boos oor hoër bier-belasting

Die buurland se bierbrouer sê in ’n verklaring dít is teenstrydig met die tesourie se beleid op aksyns op alkohol.
Hanlie Stadler – Die bierbrouer SAB is glad nie so gelate oor die skerp styging in aksyns as die wynbedryfsliggaam Vinpro nie.

Die maatskappy, wat aan Anheuser-Busch InBev behoort, sê in ’n verklaring hy is verras dat Tito Mboweni, minister van finansies, aksyns op bier met 7,4% verhoog het. Dit kom neer op ’n styging van 11c per 340 ml-blikkie bier, en bring die totale aksyns op die blikkie op R1,74 te staan.

Aksyns op wyn, siders, spiritualieë en sigarette het ook met 7,4% gestyg, terwyl die aksyns op vonkelwyn en sigare met 9% gestyg het.

SAB sê in ’n verklaring hulle reken dis teenstrydig met die tesourie se beleid op aksyns op alkohol. Volgens SAB se begrip daarvan moet aksyns nie met meer styg as die verwagte inflasiekoers nie.

Die bedryf verskaf jaarliks markinligting aan die tesourie.

“Ons is bekommerd oor die beleidsverandering en glo dat groter beleidsekerheid en deursigtigheid juis in uitdagende ekonomiese tye vereis word as ten einde beleggings te bevorder.”

Rico Basson, uitvoerende hoof van Vinpro, het ná Woensdag se begrotingsrede gesê die wyn- en spiritualieëbedryf verwelkom die “inflasionêre stygings” in aksyns.

Volgens die tesourie is sy mikpunt dat die aksyns op wyn nie meer beloop as 11% van die geweegde gemiddelde kleinhandelprys nie, op bier nie meer as 23% nie en op spiritualieë nie meer as 36% nie. Die tesourie gee toe dat die nuwe verhogings die aksynslas effens hoër as dié teikens maak.

SAB reken die konstante skerp styging in aksyns kan die bedryf onvolhoubaar maak.

Dit maak die land boonop kwesbaar vir die handel in onwettige alkohol, wat die ekonomie volgens SAB in 2017 na raming R6,4 miljard gekos het.

“Onwettige alkoholprodukte skep ’n ernstige gevaar vir die gesondheid en veiligheid van individue.”

SAB sê hy dra heelwat tot die land se ekonomie by, en dít in kritieke sektore van die ekonomie wat heelwat werk skep, insluitende landbou, landbouverwerking, vervoer en vervaardiging. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!