SAB gaan bier met sonkrag brou
Elvira Wood – Sonkrag gaan van nou af die energiebron wees om alle Budweiser-bier in Suid-Afrika mee te brou.
Boonop sal al SAB en AnheuserBusch InBev (AB InBev) se brouerye in Suid-Afrika teen die einde van Januarie sonkragpanele kry.
Dit is deel van AB InBev se plan om teen 2025 nét hernubare energie vir sy bedrywighede in Afrika te gebruik.
Die maatskappye gaan ook nie net hernubare krag vir sy brouerye gebruik nie, maar het ook die eerste elektriese vragmotor in Suid-Afrika aangeskaf om bier rond te karwei.
Taryn Rosekilly, verantwoordelik vir volhoubaarheid by SAB en AB InBev Africa, het Donderdag dié vragmotor by die maatskappy se brouery in Chamdor, Krugersdorp, vir die media gewys.
Die eCanter is deur Mitsubishi Fuso Truck and Bus vervaardig en het ’n kapasiteit van 7,5 ton. Die battery wat hom aandryf het ’n kapasiteit van 82,8 kWh en die vragmotor kan tussen 100 en 120 km ry voordat dit herlaai moet word.
SAB en AB InBev sê wat betref die plan om hernubare energie by al sy brouerye in Afrika te gebruik, is hy reeds in gesprek met verskeie verskaffers oor die vasteland heen.
Die maatskappye het R5,6 miljard begroot om die nodige infrastruktuur te installeer. Hy beplan om dit in die volgende drie fases te doen:
· Sonpanele by alle aanlegte;
· Hernubare energie-oplossings wat op persele langs brouerye gebou en direk aan hulle gekoppel word; en
· Infrastruktuur wat verder weg van brouerye opgerig gaan word.
Die begroting vir die eerste fase is R1,1 miljard en is deel van die totale R5,6 miljard.
SAB beplan om teen die einde van 2020 reeds een van sy brouerye geheel en al met behulp van hernubare energie te bedryf. Hy wil son-, wind- en batterykrag daarvoor gebruik. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie