SABMiller se belang in Coke-bottelaar verkoop
Ander lande waarin CCBA bedrywig is, sluit in Kenia, Uganda, Namibië en Ghana.
Hanlie Stadler
Een van die laaste uitvloeisels van die afsterwe van SABMiller is pas voltrek.
Die Mededingingstribunaal het Donderdag die samesmelting tussen Coca-Cola (die Amerikaanse moedermaatskappy) en Coca-Cola Beverages Africa (CCBA) goedgekeur.
Coca-Cola het SABMiller se belang in CCBA gekoop. Die transaksie is nagenoeg US$3,4 miljard werd.
CCBA is die botteleerder van Coke-produkte in Afrika, met sy bedrywighede in Suid-Afrika, Coca-Cola Beverages South Africa (CCBSA), die grootste onderafdeling daarvan. Ander lande waarin die maatskappy bedrywig is, sluit in Kenia, Uganda, Namibië en Ghana.
Die maatskappy het in 2016 tot stand gekom toe die tribunaal die samesmelting van onafhanklike botteleerders in een maatskappy ná twee jaar se onderhandelinge goedgekeur
het. Dit was met die wete dat SABMiller sy belang sal verkoop wanneer SABMiller self uitgekoop word deur Anheuser-Busch InBev (AB InBev).
Die ander aandeelhouers is Coca-Cola Africa ('n filiaal van die Amerikaanse moedermaatskappy) en die Gutsche-familie. Coca-Cola het die eerste opsie op SABMiller se belang gekry.
AB InBev het SABMiller ná uitgerekte onderhandelinge oor twee jaar eindelik in Oktober 2016 amptelik oorgeneem en die einde van die 121 jaar oue plaaslik gebore maatskappy meegebring.
Coca-Cola verskaf die koeldrankkonsentrate wat in Coke-produkte gebruik word en werk in Suid-Afrika deur sy filiaal Coca-Cola Africa. Coca-Cola besit nou 68% in CCBA, teenoor 11% vantevore. Die res word deur die Gutsche-familie besit.
Voorwaardes
Die samesmelting is met voorwaardes goedgekeur.
Dit sluit in dat die bemagtigingsbelang in CCBA teen 2021 tot 30% verhoog moet word. Coca-Cola sal ook die maatskappy se hoofkantoor in Suid-Afrika behou en hier 'n belastingbetaler bly.
Geen werknemer mag binne drie jaar weens die samesmelting afgedank word nie.
Fawu, die vakbond wat die meeste CCBSA-werknemers verteenwoordig, wil 'n belang van tussen 10% en 18% vir werknemers van die maatskappy bekom. CCBA praat volgens Business Day nog met verskeie potensiële bemagtigingsvennote oor die bemagtigingsbelang.
Eers daarna sal bepaal word hoeveel aandele aan werknemers verskaf gaan word.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie