SABMiller se dood is dié maatskappye se brood
Groot skommelinge op JSE verwag
Hanlie Stadler - Impala Platinum, die Fortress Income Fund, AVI en Gold Fields is die maatskappye waarvan die aandeelprys waarskynlik ’n hupstoot gaan kry noudat SABMiller ophou bestaan.
Dié vier maatskappye word op verskillende indekse ingesluit nadat SABMiller se aandele gister vir oulaas verhandel kon word.
Die JSE het in ’n Sens-verklaring gesê SABMiller word vanaf vandag op alle indekse vervang.
Die maatskappy val bloot weg van die groot indekse wat op markwaarde of sektor gegrond is, soos die indeks van alle aandele, grootkapitalisasie-indeks en groot-en-mediumkapitalisasie-indeks.
Op beperkte indekse skuif die volgende maatskappy op in die indeks in. Dus op die top-40-indeks, wat die 40 grootste maatskappye volgens markwaarde insluit, skuif die 41ste grootste maatskappy op tot binne-in die indeks.
Die veranderinge is:
Top-40-indeks, top-40-indeks volgens gelyke gewigte en top-40-sjaria-indeks: Impala Platinum skuif op tot in die indekse.
Nywerheids-25-indeks (indeks van die 25 grootste nywerheidsmaatskappye): Die voedselmaatskappy AVI word deel van die indeks. AVI vervaardig onder meer Freshpak-rooibostee en Bakers-versnaperings.
miljarde
Finansiële-en-nywerheids-30-indeks (indeks van die 30 grootste maatskappye uit die finansiële en nywerheidsektor): Fortress Income Fund word deel van die indeks.
Top-30-indeks: Gold Fields word deel van die indeks.
Die veranderinge van die top-40-indeks gaan na verwagting vandag groot skommelinge op die JSE meebring.
Dit is omdat indeksvolgfondse moet belê in die maatskappye op die betrokke indeks en dus die nuwe maatskappye se aandele moet aanskaf.
Chris Holdsworth van Investec Capital Markets het in ’n markverslag geraam minstens R10 miljard se geld sal na verwagting op die JSE rondskuif net weens veranderinge aan die top-40-indeks.
Naspers, wie se gewig in die top-40 sal verhoog van 16,6% tot nagenoeg 18,9%, sal die grootste voordeel trek, sê Holdsworth. SABMiller het ’n gewig van 12,6% in die top-40-indeks gedra, die tweede meeste ná Naspers. SABMiller het ook 5% van die top-40-swix beloop (swix-indekse is gegrond op die aantal vryverhandelende aandele van ’n maatskappy) en 21,5% van die nywerheids-25-indeks (die 25 grootste nywerheidsaandele op die JSE).
AB InBev, wat volgens markwaarde eintlik die grootste maatskappy op die JSE is, word nie op die indeks ingesluit nie omdat plaaslike aandeelhouding nog net 0,64% is. Volgens Mark Randall van die JSE word ’n maatskappy slegs in die indekse ingesluit as 1% van sy aandele plaaslik verhandel word.
SABMiller denoteer amptelik op 5 Oktober, ook van die Londense Aandelebeurs, en die samesmelting word op 10 Oktober van krag. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie