Sackey en Job sê mekaar die stryd aan
Mnr. Job Amupanda gaan 'n skadevergoedingseis teen hom teenstaan.
Yanna Smith – Die tafel is gedek vir ‘n hewige hofstryd tussen die voormalige aanklaer-generaal en nou minister van justisie, mnr. Sackey Shanghala, en mnr. Job Amupanda, uitgesproke grondaktivis.
In hofstukke wat Maandag by die hoërhof in Windhoek ingedien is, bevestig Amupanda deur middel van sy regsverteenwoordiger, mnr. Kadhila Amoomo, sy voorneme om ‘n eis te verdedig wat Shanghala op 4 Desember verlede jaar teen hom ingedien het.
Shanghala sê op sy beurt in sy hofstukke Amupanda het hom belaster, korrup genoem, daarvan beskuldig dat hy omkoopgeld ontvang het, dat hy by misdadige bedrywighede betrokke en geen morele rigtingwyser het nie.
Shanghala eis skadevergoeding van N$500 000 en vra die hof voorts om ‘n kostebestel teen Amupanda toe te staan.
Volgens Shanghala se hofstukke het Amupanda tydens ‘n simposium vir Amerikaanse prokureur-generaals in November in Doha vrae tydens ‘n wegbreeksessie aan ‘n paneel gerig.
Tydens die vraesessie het hy na bewering opgemerk “die mense van Namibië is geskok oor die Namibiese prokureur-generaal nie ‘n praktiserende prokureur is nie en daarom nie onderworpe is aan die reëls van die praktyk en etiese optrede met betrekking tot praktiserende regspraktisyns nie".
Shangala sê voorts Amupanda het opmerkings gemaak oor die Britse regslui met wie die Namibiese regering met Duitsland oor vergoeding vir die volksmoord onderhandel het. Amupanda sou glo gesê het hulle het “voorgegee om 23 uur te werk, terwyl dit biologies onmoontlik sou wees om te doen”.
Amupanda het glo ook die paneel se raad oor korrupte prokureur-generaals gevra.
Shanghala sê voorts in sy hofstukke Amupanda het die volgende op sosiale media geplaas: “Session Two, we are doing a Case Study on US Attorney Generals. Insightful discussions that makes me agonize about a joke we have as Attorney General”. (sic)
In ‘n latere inskrywing sê Amupanda ook Shanghala is korrup.
Volgens Shanghala het Amupanda later ‘n foto van Shanghala en die adjunk- eerste minister, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah getwiet met die onderskrif: “My son, haven’t you stollen enough? PLEASE my son, it’s enough. Don’t steal anymore. If imaginations could become TRUTH!” (sic)
Op sy Facebook-blad het Amupanda volgens Shanghala ‘n inskrywing geplaas wat lui: “Sakeus Edward Shanghala: An Epitome and Symbol of corruption in Namibia. That he supports the man saves him.” (sic)
Shanghala sê in sy hofstukke “die inhoud van die publikasies is vals en lasterlik en maak hom uit as ‘n korrupte burger wat nie wetsgehoorsaam is nie en onder meer nie vir sy pos geskik is nie”.
Shanghala word deur me. Celeste Coetzee van De Klerk, Horn en Coetzee verteenwoordig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie