SADC-beraad op eie bodem
Die kabinet het onlangs Namibië se rol in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en die Afrika-unie bespreek.
Estelle de Bruyn - Vanjaar se spitsberaad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) vind op 17 en 18 Augustus in Windhoek plaas.
By hierdie geleentheid sal Namibië voorsitterskap van dié streeksliggaam inneem.
Die tema is “Die bevordering van infrastruktuurontwikkeling en die bemagtiging van die jeug vir volhoubare ontwikkeling”.
Die beraad word voorafgegaan deur senior amptenare se vergadering op 8 Augustus, die raad van ministers se vergadering op 13 en 14 Augustus, staatshoofde en regeringshoofde se aankoms, asook die SADC-troika se spitsberaad op 16 Augustus.
Die kabinet het tydens sy onlangse vergadering op 22 Mei die ministeries van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling, asook van finansies opdrag gegee om die nodige begrotingstoekennings te maak sodat die beraad aangebied kan word.
Die ministeries van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling en dié van internasionale betrekkinge en samewerking moet verseker die nodige voorbereiding vir die SADC-spitsberaad word getref.
Alle ministeries, kantore en agentskappe van die regering sal met die voorbereidings gemoeid wees, asook die Khomas-streeksraad, Windhoek se munisipaliteit en die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid.
AU se F15-KOMITEE
‘n Groot eer het Namibië te beurt geval toe die land vir die Afrika-unie (AU) se F15-komitee genomineer is.
Dit bring mee dat die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, op die AU se uitvoerende raad sal dien, waar die kontinentale liggaam se begroting onder meer bespreek sal word.
Tegniese deskundiges en die adjunk- permanente sekretaris van staatsrekeninge sal ook aan die gesamentlike vergadering van die komitee van permanente verteenwoordigers se subkomitee belas met programme en konferensies, asook die subkomitee belas met algemene oorsig en koördinering van begrotings-, finansiële en administratiewe aangeleenthede deelneem, waartydens die AU se begroting vir prioriteite en voorstelle ontleed sal word.
NUWE WETGEWING
Die wetsontwerp op Namibië se nasionale simbole is deur die kabinet goedgekeur en dit is na die kabinet se komitee belas met wetgewing vir ondersoek en tertafellegging in die Nasionale Vergadering (NV) verwys.
OU WETGEWING
Die kabinet het die konsepwetsontwerp op uitgediende wette ook in beginsel goedgekeur.
Dit sal deur die kabinetskomitee op wetgewing bestudeer word voordat dit in die NV ter tafel gelê word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie