SADC besin oor spesiale Mosambiek-sending
Die SADC-sending in Mosambiek (Samin) se sukses in die bekamping van terrorisme en gewelddadige ekstremisme in Cabo Delgado is vandeesweek op die voorgrond.
Ronelle Rademeyer – ’n Buitengewone virtuele beraad vind môre plaas waartydens staats- en regeringshoofde van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) die welslae van dié streek se spesiale ontplooiingsmag teen Moslem-militantes in Mosambiek se Cabo Delgado-provinsie sal bespreek.
Die SADC-sending in Mosambiek (Samin) is op 15 Julie 2021 ontplooi as 'n streeksreaksiemag om die Mosambiekse weermag te help om terrorisme en dade van gewelddadige ekstremisme te bekamp.
Dit was nadat die ministers van verdediging en buitelandse sake van die SADC se veiligheidsgroepering op 23 Junie verlede jaar vergader het om die plan te oorweeg wat deur 'n tegniese span opgestel is.
Kommer oor die voortgesette terreurdade teen onskuldige burgerlikes, vroue en kinders in sommige distrikte van die Cabo Delgado-provinsie is op die spits gedryf ná die terroriste-aanval in Maart verlede jaar in Palma.
Die Daily Maverick het vroeër berig die Samin-mag van 2 916 soldate bestaan uit drie infanteriebataljons van 630 soldate elk, twee spesiale magte-eskadrons wat elk 70 troepe het, twee aanvalshelikopters, twee helikopters wat gewapen is, twee vlootvaartuie vir patrollies, 'n duikboot, 'n maritieme verkenningsvliegtuig, sowel as ander logistieke steun soos vliegtuie, toerusting en ondersteuningspersoneel.
Dié soldate is van sewe SADC-lande afkomstig – Angola, die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK), Tanzanië, Botswana, Suid-Afrika, Zimbabwe en Lesotho.
Dr. Jakkie Cilliers, 'n militêre en Afrikakenner van die Instituut vir Sekerheidstudies, het laas jaar aan Netwerk24 gesê hy glo militêre ingryping sal moontlik op kort termyn help, maar nie op die lange duur nie.
Die probleme in Cabo Delgado moet “op politieke vlak in Maputo” opgelos word, het hy gesê.
Hy en verskeie ander kenners meen die oorsaak van die probleme in die olie- en gasryke Cabo Delgado is daaraan toe te skryf dat dié provinsie dekades lank deur die Frelimo-regering in Maputo gemarginaliseer is, het Netwerk24 berig.
Intussen het die SADC-troika op politiek, verdediging en veiligheidsamewerking reeds gister onder voorsitterskap van Suid-Afrika se pres. Cyril Ramaphosa met die Mosambiekse staatshoof, pres. Philipe Nyusi, vergader. Die ander lede van dié troika is Namibië en Botswana.
Vroeër die week het die interstaatlike komitee vir verdediging en sekuriteit ook vergader en vandag kom die raad van ministers en die finansiële komitee van SADC aan die beurt.
Pres. Lazarus McCarthy Chakwera van Malawi sal as voorsitter van SADC môre se beraad lei.
Die sleutelkwessies is verdere ondersteuning aan die Samin-mag se doelwit om vrede en stabiliteit in Cabo Delgado te herstel.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie