SADC betuig medelye met vloedslagoffers
SADC betuig medelye met vloedslagoffers

SADC betuig medelye met vloedslagoffers

Die sing van die SADC-volkslied en hys van die SADC-vlag sal voortaan deel van alle SADC-vergaderings en nasionale geleenthede wees.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Die raad van ministers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingstreek (SADC) het hul medelye met Malawi en Mosambiek betuig ná vloede die sterfte en ontworteling van duisende inwoners veroorsaak het.

“Die SADC staan in samehorigheid met die geraakte families en met die twee lande wat die herstel van die vloede se negatiewe uitwerking betref,” het die adjunkminister van internasionale betrekkinge en samewerking en voorsitter van die SADC-raad van ministers, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, gesê.

Nandi-Ndaitwah was by die pasafgelope vergadering van die raad van ministers, wat in Windhoek plaasgevind het, aan die woord.

Volgens die minister is verskeie kwessies wat gemik is op ekonomiese groei en ontwikkeling in die streek, vrede en sekuriteit en streekintegrasie met sukses bespreek.

Terugvoering oor die bevordering van die ontwikkeling van infrastruktuur, sowel as oor die bemagtiging van die jeug vir volhoubare ontwikkeling is ontvang.

Dít is ook die tema van die 38ste SADC-beraad.

Volgens Nandi-Ndaitwah is daar gevorder met voorbereiding op die SADC-solidariteitskonferensie wat aanstaande week in Pretoria, Suid-Afrika, plaasvind.

Die konferensie sal gelei word deur die voormalige Nigeriese staatshoof, mnr. Olusegun Obasanjo, sowel as Tanzanië se voormalige staatshoof, mnr. Benjamin Mkapa.

Met verwysing na die voorgestelde wysiging van die SADC- parlementêre forum het die raad die sekretariaat opdrag gegee om ’n taakspan saam te stel om ’n deeglike ontleding te doen van en voorstelle te gee vir ’n wettige bestuursraamwerk, struktuur, funksies en magte, sowel as onderlinge verhoudings met ander takke van die SADC, wat die administratiewe tribunaal, nasionale parlemente, sowel as die Pan-Afrika-parlement insluit.

Dié ontleding moet op internasionale regsverpligtinge asook finansiering fokus.

Volgens Nandi-Ndaitwah het die raad ook ’n voorstel deur ministers van kommunikasie en inligtingstegnologie (ICT) en openbare inligting vir lidlande vir die sing van die SADC-volkslied saam met ander volksliedere tydens SADC-vergaderings, sowel as die hys van die SADC-vlag saam met ander nasionale vlae tydens alle SADC-vergaderings en nasionale geleenthede bekragtig.

Dít in ’n poging om die SADC-identiteit en –handelsmerk te bevorder en sodoende die SADC-gemeenskap te bou.

Goedkeuring is aan die Koninkryk van eSwatini verleen om gasheer te speel vir die SADC se Universiteit van Transformasie se administratiewe kantoor.

Dié instelling behels ’n virtuele universiteit wat ontwerp is om deur middel van beroepsgerigte onderwys ’n bydrae tot kapasiteitsbou te lewer.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!