SADC moet su00ea oor Zim
SADC moet su00ea oor Zim

SADC moet sê oor Zim

Dani Booysen
Ook Namibiërs hou die situasie in Zimbabwe met opgehoude asems dop.

Hoewel die menseregtekommissie van die buurland se kritiese verslag oor gewelddadige weermagoptrede verwelkom moet word, sal president Emmerson Mnangagwa sy belofte van ‘n diepliggende ondersoek en selfs afdankings gestand moet doen. Strafregtelike optrede teen moet nie uitgesluit word nie.

Sulke optrede sal verg dat die Zimbabwiese regering die opstande nie bloot as ‘n set van die opposisie kan afmaak nie. Talle reken soos die spreekwoord oor die jakkals sê, sal dié “Krokodil” maklik van skubbe verander, maar moeiliker van streke. Die onus rus op Zimbabwe en Mnangagwa om pessimiste verkeerd te bewys.

‘n Mens moet wonder of die gevolge van ‘n dramatiese verhoging in die prys van brandstof – die lont vir verset – vooraf behoorlik deurdink is.

Die opskorting van Internet en sosiale media was opsigself ‘n ernstige en uiters kommerwekkende skending van basiese menseregte.

Eise vir ‘n buitengewone spitsberaad van SADC oor die Zimbabwe-gebeure is waarskynlik oordrewe. Tog is SADC – waarvan president Hage Geingob tans die voorsitter is – asook die Afrika-unie (AU) se volgehoue stilswye twyfelagtig.

Oor die Demokratiese Republiek Kongo (DRK) se verkiesinguitslae was daar uiteenlopende reaksies en gekruisde lyne tussen die AU en SADC. Om nou eers seker te maak almal praat uit een mond, verklaar nie die stilte nie.

Te veel Afrikane het lankal geloof in beweerde stille diplomatiese agter die skerms verloor.

So sê ander

22 Januarie 2019

Beeld, Die Burger en Volksblad sê

Ten minste ’n sprankie hoop het opgevlam die dag toe oudpres. Robert Mugabe en sy gierige vrou, Grace, deur die Zimbabwiese weermag ontsetel is.

Maar toe ’n Zanu-PF-amptenaar oor pres. Emmerson Mnangagwa (“Die Krokodil”) uitgevra is, het hy geantwoord: “Julle dink Mugabe is erg, maar het julle al daaraan gedink dat sy opvolger erger kan wees?” Dit blyk profetiese woorde te wees.

Die hoop op ’n ekonomiese oplewing ná Mugabe se onseremoniële einde lê aan skerwe.

Die buiteland het ná Mnangagwa se oorname geen doekies omgedraai oor hul voorwaardes vir bystand nie: ’n stabiele, voorspelbare ekonomiese omgewing.

Tensy Zanu-PF onderneem om ’n volhoubare demokrasie met demokratiese waardes te vestig, sal dit ’n skaakmat-situasie bly. En die Zimbabwiese bevolking sal die onderspit bly delf.

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!