SADC: Natuurrampe laat miljoene honger ly
Droogte en siklone in Suider-Afrika het groot verliese in landbouproduksie veroorsaak.
Elvira Hattingh - Sowat 23,3 miljoen mense in ses Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap(SADC)-lidlande beleef tans ‘n voedselsekuriteitkrisis.
‘n Verdere 43,7 miljoen mense van agt lidlande verkeer in ‘n noodtoestand wat voedselsekuriteit betref.
Vyf lande in die streek het intussen reeds ‘n noodtoestand vir droogte afgekondig en boonop het die siklone Idai, Kanawo en Kenneth tot 800 000 ha se landbougrond beskadig.
Dr. Thembinkosi Mhlongo, adjunk- uitvoerende sekretaris van streekintegrasie in die SADC-sekretariaat, het Vrydag sy kommer oor dié syfers uitgespreek, soos vervat in 2018-’19 se SADC-streekverslag oor voedselsekuriteit.
Hy het ‘n vergadering van SADC-ministers, wat vir landbou, voedselsekuriteit, visserye en akwakultuur in die 16 onderskeie lidlande verantwoordelik is, in Windhoek toegespreek.
Die tema van vanjaar se vergadering is die bevordering van infrastruktuurontwikkeling en die bemagtiging van die jeug vir volhoubare ontwikkeling.
Mhlongo het gesê die streekverslag oor voedselsekuriteit vorm die basis van die ministers se gesprekke.
“Ons is nog besig met die streekverslag vir 2019-’20, maar die gevaarligte flikker reeds.
“Die SADC-sekretariaat het vandeesweek ‘n waarskuwing vir ‘n seisoenale droogte uitgereik, wat beteken vooruitsigte lyk nie te belowend nie,” het Mhlongo gesê.
DROOGTE, SIKLONE
Namibië se minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernard Esau, het verduidelik die SADC se voedselsekuriteit is terselfdertyd deur die siklone Idai en Kenneth in die wiele gery, tesame met die ernstige droogte in ander lidlande.
“Die siklone het groot dele van Mosambiek, maar ook suidelike Malawi en die oostelike dele van Zimbabwe geraak. Dit het lewens geëis en beide infrastruktuur en landerye met gewasse vernietig.
“Die huidige droogte raak ook die meerderheid SADC-lande. In sommige lande is dit die ernstigste droogte sedert 1981.
“Dit het daartoe gelei dat vyf lande, naamlik Angola, Namibië, Lesotho, Botswana en Zimbabwe noodtoestande vweens droogte afgekondig het,” het Esau gesê.
Hy sê onlangs het Namibië sowat 20 000 ton vis aan sikloonslagoffers in Mosambiek geskenk en bygevoeg visserye speel ook ‘n belangrike rol in die streek se voedselsekuriteit.
Dít omdat visserye altesaam sowat 8,4% van die streek se “graan” voorsien. Hy het verduidelik visserye se produksie word tans ook as ‘n graan gemeet.
“Dit is ‘n groot bydrae en daar moet in gedagte gehou word vis is ‘n goeie gehalte proteïen.”
Hy het bygevoeg SADC-lande het die verantwoordelikheid om die volhoubare ontwikkeling van lidlande se “blou ekonomieë” te verseker.
HUMANITÊRE NOODTOESTAND
Namibië se minister van landbou, water en bosbou, mnr. Alpheus !Naruseb, sê die uiterste weerstoestande het die SADC in ‘n humanitêre noodtoestand gelaat. Hy het gesê die siklone het altesaam sowat 1 000 lewens geëis, terwyl 3 000 mense beseer is.
“Sowat 70% van die bevolking in SADC-lande is van landbou vir hul lewensbestaan afhanklik, wat weer afhanklik is van genoeg goedverspreide reën wat betyds ontvang word. Die feit dat die meeste gewasproduksie in ons streek op droë land gekweek word, maak ons veral kwesbaar vir ongunstige klimaatstoestande,” het !Naruseb gesê.
Hy het bygevoeg die ministers sal ook oorgrens dieresiektes, ‘n regulatoriese saadstelsel, die blou ekonomiese strategie asook die toepassing van die landbou- streekbeleid, visserye en akwakultuur bespreek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie