SADC wil 2de feitesending na Eswatini stuur
SADC sê sy besoek aan Eswatini was nie inklusief genoeg nie en ’n tweede sending vir indiepte gesprekke met ’n wyer groep word beplan.
Ronelle Rademeyer – Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) beplan om ’n tweede feitesending na die geweldgeteisterde Eswatini te stuur – dié keer om met ’n groter groep belanghebbendes oor die voortslepende krisis te vergader.
“Dit was 'n aanvanklike en dringende sending,” het dr. Stergomena Lawrence Tax, uitvoerende sekretaris van SADC, na afloop van ‘n afvaardiging se besoek Sondag aan dié land gesê.
Gewelddadige betogings woed sedert verlede week in Eswatini. Betogers eis die hervorming en demokratisering van die land se monargie – die laaste van sy soort in Afrika. Die veiligheidsmagte is ontplooi om oproeriges in bedwang te bring, en ’n aandklokreël van 18:00 tot 05:00 is ingestel.
Netwerk24 het vroeër berig sowat 40 mense is tussen Dinsdag en Vrydag verlede week in betogings in die land dood, terwyl ’n geskatte 1 000 burgers gewond en nog sowat 500 deur die polisie toegesluit is.
Volgens ’n latere berig deur News24 het die getal sedertdien tot tussen 50 en 70 gestyg.
Die SADC-troika op politiek, verdediging en veiligheid het Sondag dié Swazi-koninkryk besoek. Die afvaardiging is deur Botswana se minister van internasionale sake en samewerking, mnr. Lemogang Kwape, gelei.
Hulle het met Eswatini se waarnemende premier, mnr. Themba Masuku, sowel as met lede van die burgerlike samelewing, waaronder kerkgroepe en nieregeringsorganisasies (NGO’s), vergader om die pro-demokratiese betogings te bespreek.
Volgens SADC kon die afvaardiging met tien organisasies vergader, waaronder die Swazi Demokratiese Party, die koördinerende vergadering van NGO’s, drie kerkgroepe, die People's United Democratic Movement (Pudemo), asook die land se regsvereniging en menseregtekommissie.
“Nietemin moet daarop gelet word dat dit 'n baie kort besoek was en dat SADC sal terugkeer vir meer gedetailleerde gesprekvoering,” het Tax gesê.
Hy sê die besoek was nie inklusief genoeg nie omdat die afvaardiging nie genoeg tyd gehad het en daarom sal ’n tweede feitesendings volg waartydens die SADC-afgevaardigdes indiepte gesprekke met ’n wyer groep belanghebbendes sal voer.
Pro-demokratiese regslui en burgerlike samelewingsgroepe het die Eswatini-regering intussen daarvan beskuldig dat hy die groepe wat uitgenooi is om diplomate uit die streek te ontmoet, uitverkies het.
Masuku het Maandag in ’n verklaring opnuut ’n oproep om kalmte in Eswatini gedoen en mense aangemoedig om na hul werk terug te keer as dit nie deur die betogings geraak is nie.
Hy het gesê die onaanvaarbare skade aan staat- en private eiendom beloop reeds miljarde emalangeni (Eswatini se geldeenheid, met dieselfde waarde as die Namibiese dollar). Hy het daarop gewys dit is ’n reuseterugslag vir ekonomiese groei en stabiliteit in die land.
Na raming is skade van N$3 miljard aangerig, met sowat 5 000 werksgeleenthede wat verlore is. Verder is die land se Covid-19-maatreëls deur die geweld belemmer, het die waarnemende premier gesê. -Bronne: Nampa/AFP/Netwerk24/News24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie