SA’ers baie tevrede met hul Woolies-kos

Die samestellers het vanjaar meer as 12 000 Suid-Afrikaners gepols waarna die resultate deur ’n onafhanklike ouditeursfirma nagegaan is.
Petrus Malherbe - Vir die tweede opeenvolgende jaar is Woolworths Food die klinkklare wenner vir Suid-Afrikaners wat betref kliëntediens en algehele tevredenheid.

Dit is nou volgens die marknavorser Ask Afrika se Orange-indeks wat sedert 2001 onderhoude met Jan Publiek voer om te bepaal met watter maatskappye hulle die mees tevrede is.

Die samestellers het vanjaar meer as 12 000 Suid-Afrikaners gepols waarna die resultate deur ’n onafhanklike ouditeursfirma nagegaan is.

Die 167 maatskappye is oor 29 sektore gemeet aan hoe tevrede klante met hul diens is.

Woolworths se kosafdeling het die hoogste algehele telling gekry, gevolg deur Burger King en Woolworths Clothing. (Sien grafika.)

Verskeie motormaatskappye het ook die toptien gehaal, waaronder BMW (4de), Audi (6de) en Mercedes-Benz (7de).

Naas Woolworths Food is Suid-Afrikaners ook baie tevrede met Checkers (9de) se dienslewering terwyl Clicks Pharmacy (5de) die voorste apteek is.

WENNERS IN ANDER SEKTORE

Daar is ook wenners in die verskillende sektore aangewys. British Airways is as die beste lugdiens aangewys, Avis as die beste motorverhuringsmaatskappy en The Boardwalk in Port Elizabeth as die beste casino. (Sien grafika.)

Van die ander wenners sluit in FNB (beste bank), Takealot (beste aanlyn inkopies) en Makro (beste groothandelaar).

Cell C is aangewys as die maatskappy met die beste kliëntediens in die telekommunikasiebedryf. Hy het met onder meer Vodacom, MTN en Telkom meegeding.

“Kliëntediens is ’n belangrike dryfkrag van sukses in die telekommunikasiebedryf,” sê Michelle Beetar, uitvoerende hoof van kliënte-ervaring.

“Om die beste te wees in so ’n mededingende veld, maak ons ongelooflik gelukkig.”

Volgens Andrea Gevers, uitvoerende hoof van Ask Afrika, is Suid-Afrika se telekommunikasiemaatskappye uiters mededingend, ook op ’n internasionale vlak.

“Inbelsentrums is byvoorbeeld 60% goedkoper om in Suid-Afrika te bedryf as in Brittanje, maar steeds duurder as in Indië en Pakistan.”

Dit word hoofsaaklik toegeskryf aan hoë oproepkoste in Suid-Afrika, sê sy.

Hoe kan maatskappye verbeter?

Volgens Ask Afrika is Suid-Afrikaanse klante veral op soek na twee dinge: professionele behandeling en ’n persoon wat weet waarvan hy of sy praat. Met ander woorde hulle moet genoeg kennis hê oor die produk of diens wat hulle bied.

“Dit is eintlik ’n heel eenvoudige verwagting,” sê Sarina de Beer, direkteur van kliënte-ervaring by Ask Afrika.

“Dit wys die meeste maatskappye verstaan steeds nie wat klante wil hê nie.”

Vlakke van dienslewering is 1% laer vergelyke met 2017, terwyl Suid-Afrikaners se emosionele tevredenheid met kliëntediens met 10% gedaal het.

“Maatskappye word nie meer op die skouer geklop vir hoe vriendelik of doeltreffend hulle is nie. Kliënte verwag die diens moet persoonlik en opreg wees.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!