Safland steun Reho Paastoernooi
Safland steun Reho Paastoernooi

Safland steun Reho Paastoernooi

Die Universiteit van Namibië verdedig sy titel in die toernooi van verkorte wedstryde.
Rehoboth Rugbyklub bied komende Saterdag vir die 29ste jaar agtereenvolgens sy Paasnaweektoernooi aan.

Nadat Rehoboth twee naweke gelede moes rondskarrel om sy verpligtinge in die NRU premierliga en reserweliga na te kom, kan hulle vandeesweek breed glimlag dat Safland tot hul redding gekom het en die Paasnaweek toernooi met N$30 000 borg.

Die toernooi skop Saterdagoggend om agtuur met die eerste wedstryd af en in die omgewing van 17:30 sal die finaal afskop. FNB Unam, die verdedigende kampioen, sal op sy pos wees om die trofee te verdedig.

Die jong St. Lou-span gaan ook weer probeer om die nuwe gesogte Safland-trofee te wen. Die wenspan gaan met die Safland-trofee, N$6 000 en 22 goue medaljes wegstap.

Die span wat tweede eindig, word met die naaswennerstrofee, N$4 000 en 22 silwermedaljes getroos. Die span in die derde plek ontvang N$2 000 en 22 bronsmedaljes en die vierde plek is N$1 000 werd.

Die toegang beloop N$20 vir volwassenes, N$10 vir kinders en N$20 vir voertuie. Omdat daar geen inskrywingsgeld vir spanne gevra word nie, word van die deelnemende spanne verwag om ook N$10 per speler en N$20 per beampte as toegangsfooi te betaal.

Rehoboth Rugbyklub versoek die publiek om die klub in hierdie belangrike fondinsamelingsgeleentheid te ondersteun. Die klub het ook ’n ander geldsinsamelingsveldtog waarin verskeie pryse gewen kan word deur ’n lootjie van N$50 te bekom om vir die trekking in aanmerking te kom.

Die gelukskaartjies sal Saterdag by die veld beskikbaar wees. Die pryse wat gewen kan word, sluit ’n eland, gemsbok, springbokke, nommer 4 driebeen pot, strykplank en yster asook ’n mikrogolfoond in.

Die klub se bestuur en spelers spreek hul hartlike waardering uit teenoor die direkteure van Safland, mnre. Kallie van der Merwe, Marinda van der Merwe, Jeremy Rossouw, Andrew Rowles, Charles Fourie en William De’Ath vir hierdie borgskap. Sonder Safland sou dit nie moontlik wees om die toernooi aan te bied nie.

Die klub sê in dieselfde asem vir Namibia Lubricants Fuchs, Namibia Bearing Supplies en Darlin Botha van Puma Vulstasie baie dankie vir hul bydrae om die geleentheid moontlik te maak. “Ons waardeer elke bydrae diep uit ons harte.”

Die rugbydag word met ’n dans by Club Deja Vu afgesluit.

Kommentaar

Republikein 2025-01-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 17° | 27° Rundu: 19° | 26° Eenhana: 21° | 33° Oshakati: 23° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 18° | 29° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 20° | 32° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 29° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 18° | 22° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 18° | 22° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 20° | 32° Cape Town: 18° | 24° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 18° | 28° Harare: 16° | 22° #REF! #REF!