Sages stel liefdadigheid eerste
Gholf
Die Sages-tak vir senior gholfspelers in Windhoek het op 2 en 3 Oktober vir die sewende jaar sy Sages-geldinsamelingskompetisies by die Omeya- en Windhoek-gholfbane gehou.
Die gebeurtenis was weer eens 'n reusesukses. Vier-en-tagtig spelers van oraloor die land het deelgeneem. Jolene en Melt van Schoor het die kompetisie gewen.
“Hierdie jaar het ons 'n rekordjaar gehad met die insameling van N$195 000. Oor die afgelope sewe jaar het ons amper die miljoen dollar merk bereik. Ons is dankbaar vir ons borge BCX, Rennies Travel, FNB, NamPower en vele meer,” sê Sages se verklaring.
Die volgende liefdadigheidsorganisasies sal voordeel uit vanjaar se inisiatief trek, naamlik die Okanti-stigting, Môreson Spesiale Skool, Veelvuldige Sklerose Namibië, die Dierebeskermingsvereniging, die Kankervereniging van Namibië, Hope Village, ouetehuise in Windhoek, Maroela-ouetehuis in Tsumeb en SINASRA (Support in Namibia of Albinism Sufferers Requiring Assistance).
Die groepfoto is by die oorhandigingsfunksie op 24 November geneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie