Sagte teikens
Dani Booysen- Binne enkele dae is twee senior burgers verlede week in afsonderlike voorvalle ernstig deur rowers aangerand.
Feitelik is beide vir dood agtergelaat, was dit nie dat hulp betyds opgedaag het nie.
Die een voorval het op ’n kleinhoewe buite Otavi afgespeel en die ander op Karasburg. Dit is simbolies van hoe wydverspreid sulke soort aanvalle gebeur. Die lot van mnre. Alec Kriel (81) en Tillian Walters (63) is nie uniek nie – sulke geweld gebeur reg oor die land in alle gemeenskappe.
In beide gevalle was die slagoffers alleen, wat beteken hulle moes vooraf fyn dopgehou gewees het.
Die slagoffers is aan uitermate geweld blootgestel gegewe hul beperkte vermoë om hulself te beskerm. Die uitroep teen sulke dade kom uit alle gemeenskappe - sonder onderskeid tussen herkoms, klas en gemeenskap.
In die Otavi-aanval het een van die verdagtes na bewering tevore al vir Kriel aangeval – ’n saak wat glo doodgeloop het. Of dit die geval was aldan nie, Namibiërs het volgens alle indrukke die reg om dikwels te kla dat die polisie en soms ook die regstelsel hulle nie flink en doeltreffend bedien nie.
Senior burgers is soos vroue en kinders sagte teikens vir misdadigers. Om misdaad teen bejaardes direk met ’n gebrek aan respek vir ouer mense te verbind, sal met navorsing bewys moet word eerder as om eenvoudige afleidings te maak.
Gefokusde navorsing kan ’n groot rol speel om misdaadvoorkoming en polisiëring te verbeter.
Alle Namibiërs is op groter veiligheid geregtig.
So sê ander
29 Mei 2016
As Rich Nations Turn Their Backs
The world is witnessing the largest exodus of refugees in generations, spawned by armed conflicts in the Middle East, North Africa and South Asia.
But “witnessing” is perhaps the wrong word. Many world leaders, including those who run most of the richest countries, are choosing to look the other way.
This willful neglect was on display last week at the inaugural World Humanitarian Summit. Most heads of state from the richest nations didn’t bother to show up.
The meeting’s organizers called on leaders to do more to prevent war, uphold human rights norms and distribute the burden of resettling refugees more equitably. These are all sensible aspirations, but unless world leaders make binding commitments to carry them out they’re unlikely to be met.
It may be politically expedient to propose fortifying barriers and tightening immigration controls. But doing so will only raise the long-term cost of dealing with crises that are metastasizing each year.
• THE NEW YORK TIMES

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie