Sahrawi-president besoek Namibiu00eb
Sahrawi-president besoek Namibiu00eb

Sahrawi-president besoek Namibië

Wes-Sahara se onafhanklikheid en Namibië se samewerking is onder meer tydens 'n staatsbesoek bespreek.
Augetto Graig
Augetto Graig



Die president van die Sahrawi Arabiese Demokratiese Republiek (Wes-Sahara), mnr. Brahim Ghali, is op 'n staatsbesoek in Namibië.

Hy vertrek na verwagting later van­oggend uit die land. Ghali is hier op uitnodiging van president Hage Geingob en was gisteraand 'n eregas by 'n staatsbanket. Namibië se adjunk- eerste minister en minister­ van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, het Sondagmiddag die besoeker en sy afvaardiging by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako verwelkom.

Die perssekretaris van Staatshuis, dr. Alfredo Hengari, het vroeër 'n verklaring uitgereik. Hy het gesê die besoek fokus op dieper samewerking en verstandhouding tussen Namibië en Wes-Sahara, veral op kwessies van wedersydse belang. Dit sluit onder meer Namibië se deurlopende ondersteuning van die Sahrawi-mense se reg op selfbeskikking en onafhanklikheid in.



standpunt

Die Namibiese ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking het gistermiddag 'n openbare lesing oor die land se standpunt en die situasie in Wes-Sahara gehou waartydens Ghali die hoofspreker was.

Wes-Sahara was vir dekades onder die beheer van die Koninkryk van Marokko en onafhanklikheid van dié woestynnasie is 'n kernkwessie in die Afrika-unie (AU). Marokko het vroeg in 2017 by die AU aangesluit nadat dit 33 jaar gelede weens die kwessie oor Sahrawi-onafhank­likheid onttrek het aan die Organisasie vir Afrika Eenheid (OAU), die AU se voorganger. Die unie herken sedert sy stigting Sahrawi as 'n onafhanklike staat.

Die Verenigde Nasies (VN) se Veiligheidsraad het in 1991 met Resolusie 690 die Minurso-missie van burgerlike, polisie- en militêre beamptes opgestel. Minurso het tot nou toe nie daarin kom slaag om 'n referendum oor onafhanklikheid in Wes-Sahara te hou nie.

President Geingob is amptelik 'n ondersteuner van die ­referendum. Vroeër die maand, gedurende die besoek van die AU-voorsitter, mnr. Moussa Faki Mahamat, het Geingob weer eens 'n beroep op alle partye gedoen om die Saharawi-mense se begeerte om hul eie toekoms te bepaal eerste te plaas.

Ghali word vergesel van 'n hoëvlak-afvaardiging, onder wie die minister van buitelandse sake, mnr. Mohamed-Salem Ould Salek, die minister van samewerking, mnr. Bulahi Mohamed-Fadel, die staatsekretaris vir dokumentasie en sekuriteit, mnr. Brahim Mohamed-Mahmoud, die spesiale ambassadeur in Angola en Namibië, mnr. Bah Dih Sheikh, en die raadgewer van die ministerie van buitelandse sake, mnr. Malanin Lakhal.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!