Saica begin met sittings oor KPMG
Saica begin met sittings oor KPMG

Saica begin met sittings oor KPMG

‘n Ondersoek is in Suid-Afrika van stapel gestuur na die ouditfirma KPMG.
Elvira Wood

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (Saica) het Maandag met sittings begin om vas te stel of van sy lede wat vir die ouditfirma KPMG werk, sy gedragskode oortree het.

“Dit is regverdig om te sê dat die gebeure rondom die wyd gepubliseerde KPMG-saga gelei het tot aansienlike kritiek op individue in die beroep. Dit het die mark en die publiek in die algemeen se vertroue in die beroep verswak,” sê Terence Nombembe, uitvoerende hoof van Saica.

Adv. Dumisa Ntsebeza SC staan aan die hoof van dié ondersoek.

Ander lede van die paneel is adv. Vuyani Ngalwana SC, dr. Claudelle van Eck, uitvoerende hoof van die Instituut vir interne ouditeure, Freeman Nomvalo, voormalige rekenmeester-generaal by die tesourie en Malcolm Johnson – voormalige voorsitter van die JSE.

Dit is regverdig om te sê dat die gebeure rondom die wyd gepubliseerde KPMG-saga gelei het tot aansienlike kritiek op individue in die beroep.

Terence Nombembe

Ntsebeza het ook vir adv. Pule Seleka SC en adv. Amaechi Olua as ondersoek beamptes aangestel.

Saica het die ondersoek oor ouditeure by KPMG se gedrag begin toe nege senior werknemers in September bedank het nadat KPMG erken het sy oudits van Gupta-entiteite en werk vir die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) nie aan sy standaarde voldoen nie.

Luidens Saica se verklaring het hy ’n magdom dokumente ontvang.

Ntsebeza sê die sittings gaan vir eers fokus op die werk wat KPMG vir die SAID gedoen het.

“KPMG het die verslag aan die SAID op sy eie teruggetrek, wat bewerings verder aangewakker het dat daar fout was met die verslag,” sê Ntsebeza.

Hy sê hy hoop die sittings kan binne Saica se vasgestelde tydlyn afgehandel word. Individue sal genoeg tyd gegee word om te getuig.

“Dit kan die tyd verleng wat die paneel nodig het om die ondersoek af te handel.”

Daar word geen datum gegee van hoe lank Saica verwag die sittings sal duur nie.

Ntsebeza onderneem om die publiek op hoogte van die ondersoek te hou.

Nombembe sê sou die Ntsebeza-ondersoek wys hule lede het onbehoorlik en onprofessioneel opgetree, sal hy “tugprosesse in werking stel om deeglik met lede wat oneties opgetree word, te handel”. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!