Saica gaan VBS-ouditeure ondersoek
Elvira Wood – Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (Saica) gaan sy lede wat by die VBS Mutual Bank-skandaal betrokke was, ondersoek en moontlik dissiplinêre stappe teen hulle doen.
Die instituut het Donderdag in ’n e-pos aan sy lede gesê hy neem kennis van adv. Terry Motau SC se verslag getiteld “The Great Bank Heist”.
“In die belang van deursigtigheid erken Saica die volgende geoktrooieerde rekenmeesters wat in hierdie verslag geïmpliseer word. Saica wil graag bevestig dat alle individuele Suid-Afrikaners wat die instituut se professionele gedragskode oortree het, daarvoor aanspreeklik gehou sal word.
“Die bevindings van adv. Motau se verslag sal gebruik word as insette vir Saica se dissiplinêre prosesse.”
Die lede is:
· Phalaphala Avhashoni Ramikosi
· Bhekwayinkosi Gift Manyanga
· Charl Cilliers
· David Broom
· Mariëtte Venter
· Sechaba Serote
· Andile Malusi Atwell Ramavhunga
· Tshifhiwa Matodzi
Mense wat genoem word, maar wat nie lede van Saica is nie en wat dus nie deel van die ondersoek gaan wees nie, is:
· Yolanda Deale
· Yvonne Page
· Kafuma Munalula
Nie almal op die lys wat Saica noem, is onder verdenking van bedrog nie. Mariëtte Venter word in die verslag lof toegeswaai vir die manier waarop sy R60 miljoen van die Capricorn-distriksmunisipaliteit teruggekry het nadat dit deur die destydse burgemeester by VBS belê is terwyl sy, die finansiële hoof van die munisipaliteit, met verlof was.
Yvonne Page, voormalige waarnemende finansiële hoof van die Passasierspooragentskap (Prasa), was deurslaggewend om te keer dat Prasa wederregtelik R1 miljard by VBS belê.
Nhlanhla Kelvin Sipho Malaba, ’n rekenmeester wat lid van Saica en die Onafhanklike Reguleringsraad van Ouditeure (Irba) is, word ook nie tans in Saica se ondersoek ingesluit nie.
Fanisa Lamola, waarnemende uitvoerende hoof van Saica, verduidelik in die verklaring dat Irba eers sy prosesse moet volg voordat hy sal voortgaan met ’n ondersoek oor Malaba se gedrag.
Lamola sê dat hoewel die instituut nie kommentaar kan lewer oor enige dissiplinêre sake wat steeds ondersoek word nie, kan hy bevestig watter proses gevolg gaan word.
“Alle betrokkenes sal onderhewig wees aan die Saica-ondersoek en waar toepaslik ’n dissiplinêre proses.
“Saica het geen bevoegdheid vir beslaglegging of dagvaarding nie – dus maak ons staat op die ondersoekkapasiteit en bevindings van eksterne vervolgingsowerhede wat hierdie bevoegdhede het om deel te vorm van ons verhore.
“Saica doen alles wat ons kan om vertroue in die beroep te herstel en te verseker dat ons lede, ongeag hul rol, hulself weer daartoe verbind om in openbare belang op te tree.
“Om hierdie rede sal ons alles in ons vermoë doen om te verseker dat gepaste dissiplinêre stappe teen enige geoktrooieerde rekenmeester wat Saica se kode oortree het, gedoen word.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie