SAID jok oor hoeveel mense belasting betaal
Volgens ’n verklaring was individue binne die inkomstediems verantwoordelik vir syfers wat te hoog aangegee is.
Kyle Cowan – Die ouditeur-generaal (OG) het bevind dat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) in 2017 die Inkomstebelastingwet oortree het deur nakomingsyfers in openbare dokumente te oordryf.
Die bevindinge, in ’n OG-verslag van Maart 2017, het Dinsdag tydens openbare sittings van die Nugent-kommissie in Pretoria aan die lig gekom.
Nakoming verwys na wanneer belastingbetalers die SAID volgens wet betyds en ten volle betaal.
Die sittings duur Woensdag voort.
Adv. Carol Steinberg, die getuienisleier, het na ’n vertroulike beëdigde verklaring verwys toe dr. Thabelo Malovhele, wat tot 2015 die SAID se uitvoerende hoof vir belasting-, doeane-, risiko- en nakomingsontleding was, getuig het. Die verklaring wys uit wie in die SAID verantwoordelik was vir die syfers wat te hoog aangegee is.
Hoewel die korrekte syfer nie bekend is nie, het die SAID na bewering gesê nakoming was 91,14%.
Die OG sê dit is nie waar nie.
Die bevindinge verwys na korporatiewe en persoonlike inkomstebelasting.
“Die aanwysers is dat die SAID die nakomingsyfers in sy dokumente oordryf het. Daar is wetlike vereistes oor hoe om nakoming te meet, en hulle is oortree,” sê Steinberg.
Malovhele sê hy het sy bestuurders herhaaldelik gewaarsku wat die risiko was om dit te doen, maar is geïgnoreer.
Hy was voorheen die hoof van die SAID se eenheid vir nakoming en strategiese navorsing wat verantwoordelik was vir die meting van die inkomstedienste se nakomingsyfers volgens die Inkomstebelastingwet.
Dié afdeling is as deel van Tom Moyane, geskorste kommissaris van die SAID, se herstruktureringsprogram, ontbind.
Malovhele sê die gevolglike afname in voldoening omdat dit nie meer gemeet is nie hou direk verband met die afname in inkomste-invordering van die SAID.
Prof. Michael Katz, ’n lid van die kommissie, kon nie glo só ’n belangrike meetinstrument is net laat vaar nie.
Hy het Malovhele gevra hoekom dit gebeur het.
“Ek weet nie,” het Malovhele geantwoord.
Die Nugent-kommissie is vroeër vanjaar deur pres. Cyril Ramaphosa aangestel om ondersoek in te stel na probleme met korporatiewe beheer en belastinginvordering by die SAID.
Afgetrede regter Robert Nugent staan aan die hoof van dié kommissie.
Openbare sittings word tot Donderdag in Pretoria gehou.
– Fin24, verwerk/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie